GEKOESTER DEUR GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Na jare van diens, kan jy vind dat jy steeds opgelei word deur die Here. Ons hou nooit op om te leer om sy duidelik leiding te volg nie, veral wanneer Hy ons na moeilike plekke lei. Ek leer steeds om te sê, “Dit is dit, God. Ek het genoeg gehad.” In plaas daarvan, leer ek myself om te sê, “Here, ek sien nie die weg oop vorentoe nie; ek weet nie waar ek die genade gaan vind om deur hierdie ding te kom nie. Maar U het belowe om my sterkte te wees.”

Dit is die plek van ware geloof. Dit is ook waar ons ons rus vind – deur ten volle op die Here se liefde vir ons te vertrou. Soos Paulus verklaar het, wat anders het ons om vir Hom te bring as ons geloof? Nie werke of prestasies nie (sien Efésiërs 2:8-9). Ons het net ons geloof in Hom en ons vertroue op Hom om in alles wat ons nodig het te voorsien.

Geliefde, Hy gaan jou deurdra en Hy wil jou bring by ‘n plek van ongelooflike seën. Jy mag dalk gewillig moet wees om op die oog af onbenullige takies te verrig – hoewel dit nie vir Hom onbenullig is nie! Jy sal toetse en beproewings beleef wat moelik is, sommiges wat sal lyk of dit bo jou vermoë is om te verdra. Dit is egter die oefengrond wat God vir baie van sy mees geliefde mense opsy sit. Dit is waar ons Hom leer ken, sy natuur, sy karakter, sy seën en sy goedheid.

Dit is moeilik om te begryp en te verstaan dat ten spyte van jou mislukkings, word jy deur ‘n heilige God gekoester. Jy word liefgehê met dieselfde liefde wat Hy aan sy Seun betoon het. En Hy het ‘n heilige doel vir jou, net soos Hy vir Jesus gehad het. Daarom, aanvaar die vrede wat alle verstand te bowe gaan en rus in die wete dat sy seën vir jou voorlê.

Aan die einde van die dag, sal jy in staat wees om jou hoof te buig en te sê, “Here, U het dit weer gedoen. U het my deurgedra tot in die oorwinning!”