GEEN MENSLIKE UITWEG NIE

David Wilkerson

Laat ons praat oor gebondheid aan sonde – dit is, jou stryd met die vlees. Onder die Nuwe Testament, sal God altyd situasies toelaat om vir ons te wys hoe hulpeloos ons is en hoe totaal afhanklik ons van Hom is om ons te verlos deur geloof. God sal jou nooit in versoeking lei nie, maar Hy sal toelaat dat jy aan die einde van jouself kom.

As jy ‘n boesemsonde het, kom leuengeeste voortdurend teen jou te staan met duiwelse leuens: “Jy gaan dit nie maak nie. Jy gaan onder! Op die ou end sal jy vernietig word.” Jy wonder, “Here, hoe gaan ek ooit weer kan opstaan hiervan? Ek het so laag gedaal!”

Jy weet jy kan nie vir die vyand weghardloop nie en jy is staan geen kans teen hom nie. Daarom staan jy voor hom en ineengekrimp, bewend en vreesbevange. Miskien hardloop jy na vriende of beraders, enigeen wat sal luister as jy ween en bid. Jy doen alles behalwe om stil te wees en die Here te vertrou om verlossing te bring.

Die Ou Testament gee egter vir ons voorbeeld op voorbeeld van hoe ons geen krag in ons vlees het om geestelike oorloë te voer nie. Ons ou mens is uiters swak en magteloos, maar ons het ‘n nuwe mens binne-in ons en hy moet sy lewe totaal in die Here se hande oorgee. Die nuwe mens verstaan daar is geen menslike uitweg nie en dat God die hele stryd vir hom moet stry. Ons weerstaan die duiwel deur die krag van die Heilige Gees, wat in ons geopenbaar word deur geloof alleen.

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou” (Jesaja 41:10).