GEEN HOOP VIR OORWINNING IN ONS KRAG NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Selfs al het jy jou saligheid ontvang – onder die bedekking van Christus se bloed lewe en veilig is deur geloof in sy werk aan die kruis vir jou – kan daar steeds voortslepende stryd binne-in jou woed. Vyande van jou siel wil jou verslind en jy is steeds gewikkel in ‘n stryd met sataniese magte en vestings. Ons moet die krag opeis wat aan ons beskikbaar is deur God se Nuwe Testament, maar daardie krag kom slegs deur geloof.

Die profeet Jesaja het Israel gewaarsku dat daar geen moontlikheid van oorwinning vir hulle was nie, as hulle sou probeer om hulle teenstanders met hul eie krag te beveg. Jesaja 31 skilder 'n volmaakte prentjie van die nutteloosheid van pogings om met eie menslike mag met die vyand slaags te raak. Ek glo hierdie hoofstuk versinnebeeld die ondoeltreffenheid van ons hedendaagse pogings om begeertes, gewoontes en boesemsondes te oorwin deur op menslike idees en middele staat te maak.

Hierdie hoofstuk is ook vir ons 'n voorbeeld van hoe sonde in die laaste dae sal toeneem. Die Skrif sê dat die samelewing meer en meer goddeloos sal word en die Kerk met misleidings en duiwelse leerstellings oorval sal word. Ek glo ons sien dit nou reeds gebeur. Duiwelse menigtes het alle media en elke vorm van tegnologie geïnfiltreer en oorstroom ons kultuur met sensualiteit en allerhande verdraaiings.

As jy te midde van ‘n oorweldigende stryd is, moet jy die woord leer wat God aan Sagaria gegee het: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare” (Sagaria 4:6).

"Want vir die stem van die Here sal [die vyand]... met die stok sal hy slaan” (Jesaja 30:31). Jesaja sê in wese, “Jou Here belowe om vir jou te stry. Hy sal sy stem laat hoor en dit sal al jou vyande op die vlug laat slaan.”

Staar jy ‘n vyand in die gesig wat vir jou te magtig is op hierdie oomblik? Indien wel, God vra eenvoudig vir jou dat jy jou swaard sal neerlê en Hom vertrou om namens jou teen hom te stry.