GEEN EINDE AAN SY LIEFDE NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Volgens Jesus, is Christus en sy Kerk een in die Vader se oë. Paulus illustreer dit met die gelykvormigheid aan ‘n menslike liggaam. Hy sê Christus is die hoof en ons is sy liggaam – been van sy been en vlees van sy vlees: “[God] het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul” (Efésiërs 1:22-23). “Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene” (Efésiërs 5:30).

Sien jy die implikasies hier? Toe die Vader Jesus liefgehad het in die ewigheid, het Hy ons ook liefgehad. Trouens, toe die mens nog net ‘n gedagte in God se ewige gemoed was, het Hy alreeds al ons lede getel en ons verlossing beplan.

“Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees” (Efésiërs 1:4).

God het nog altyd beide sy Seun en ons liefgehad. Sy liefde is net so ewigdurend soos wat Hy is: “Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde” (Jeremia 31:3). “Onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ‘n ewige troos gegee het” (2 Thessalonicense 2:16).

Niemand kan God se liefde wen deur enige goddelike ding wat hy of sy doen nie. Jesus het nie sy Vader se liefde verdien deur na die kruis te gaan, of deur sy gehoorsaamheid of deur sy Vader lief te hê nie. Net so, het God nie begin om jou lief te hê die dag toe jy berou gehad het en Christus aangeneem het nie. Hy het jou nie skielik begin liefkry toe jy Hom begin gehoorsaam en in die Gees begin wandel het nie. Jy was alreeds van die ewigheid af liefgehad.

Hoe lank het God jou al lief? Hy het jou lief sedert sy bestaan, want God is liefde. Dit is sy hele natuur. Het jou as ‘n sondaar liefgehad. Hy het jou liefgehad in die moederskoot. Hy het jou liefgehad voordat die wêreld ontstaan het. Daar was geen begin van sy liefde vir jou nie, en daar is geen einde nie.