GEE JOU BEKOMMERNISSE VIR DIE HERE

David Wilkerson (1931-2011)

Baie Christene verrig ‘n hele katalogus vol van sondes, maar een van hulle – ongeloof – gee geboorte aan alle ander. Nie die ongeloof van agnostici en ateïste nie, maar ongeloof en knellende twyfel van diegene wat hulleself verbind met Sy naam! Diegene wat Sy kinders is, wat sê, “Ek is van Jesus” en steeds twyfel, vrees en ongeloof in hulle harte het. Dit bedroef ons Vader baie diep.

God neem hierdie sonde van ongeloof baie ernstig op. Trouens, Judas waarsku die kerk met hierdie woorde: “Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het” (Judas 5).

Judas herinner hulle aan God se gesindheid teenoor ongeloof! God sal dalk nie langer sy kinders fisies vernietig soos Hy in die Ou Testament gedoen het nie, maar vandag is Sy oordele oor ons ongeloof geestelik en dit is net so erg.

Ongeloof is net so destruktief vandag as wat dit nog altyd was. Ons sal dalk nie in ‘n soutpilaar verander of deur die grond ingesluk word, soos in die Ou Testament dae gebeur het nie, maar ons word ingesluk deur swaarkry, spanning en familieprobleme. Vuur daal nie neer en verteer ons nie, maar ons geestelike lewe word verwoes.

Wees bemoedig! Daar is ‘n defnitiewe kuur vir ongeloof en dit word gevind in die Woord van God. Een sleutelvers word gevind in 1 Perus 5:7: “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.” Dit is God se persoonlike boodskap vir jou vandag. Nog ‘n opbouende skrif is, “Werp jou sorg op die HERE, en Hý sal jou onderhou: Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie” (Psalm 55:22).

God nooi ons uit, “Moenie daardie las vir nog een uur langer dra nie. Werp dit alles op My! Ek is besorg oor alles wat met jou gebeur en Ek is groot genoeg om dit alles vir jou te dra.” Gee jou bekommernisse en sorge vir Hom en wees ten volle oortuig dat Hy omgee!