GEBROKE EN TOG INNIG LIEFGEHÊ DEUR GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Vir my, is Jakob een van die mees interessante mense in die Ou Testament. Hier was ‘n bedrieglike, manipulerende man. Tog, het God hierdie man baie liefgehad.

Jakob het vir Esau, sy tweelingbroer, uit sy eersgeboortereg verkul en die seën by sy vader, Isak,  gesteel – ‘n seën wat aan Esau behoort het. Toe Esau agtergekom wat Jakob gedoen het, was hy vasbeslote om sy broer dood te maak en dit het ‘n lang vete tussen hulle veroorsaak. Maar ten spyte daarvan, het die Here Jakob in die verbondsbelofte van sy oupa, Abraham, en sy vader, Isak, ingebring (sien Génesis 28:14). Toe het God hierdie wonderlike seëninge bygevoeg: “En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het” (Génesis 28:15).

God het in wese vir Hom, “Ek sal jou nooit verlaat nie, Jakob, en jy kan nooit iets doen waarin Ek nie betrokke is nie. My planne sal uitgevoer word in jou, maak nie saak wat nie!”

Wat ‘n belofte! Dit is vir my moeilik om enige geloof, goedheid of genade in Jakob te vind, so hoe is dit moontlik dat hy die verbondsvoorvader van God se ewige doel kon wees? Eintlik, wil ek vir die Here vra, “Wat het U in hierdie man gesien? U is heilig en regverdig en U sien nie die dinge oor wat hy gedoen het nie. So, waarom het U hom nie getugtig in plaas van te seën nadat hy gesteel en bedreig het nie?”

God het iets in Jakob se hart gesien wat sy groot liefde en ‘n begeerte om hom te seën te voorskyn laat kom het. Ons lees, “Ek woon in die hoogte in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes” (Jesaja 57:15), en God het geweet dat Jakob ‘n berouvolle, gebroke gees gehad het.

Ons het gehoor dat mense ag gee op die uiterlike voorkoms, maar God kyk altyd na die hart. Hy het geweet dat iets in Jakob se hart gewillig was om te verander.

En dit is presies waarna God soek in ons!