GEBED SOOS WAT DIE WÊRELD NOG NOOIT GEKEN HET NIE!

David Wilkerson

Eenkeer het ek ‘n sendeling hoor praat van groot ontwakings dwarsdeur die wêreld. Dit was in elke geval duidelik dat die “gees van gebed” verbind is aan die laaste oes. In Viëtnam, China, Siberië, die Amasone, Afrika, bid God se volk met vuur en ywer – hulle ween en roep uit tot God, soek Sy aangesig, reken af met sonde en wend hulle tot geregtigheid.

Jy kan nie hierdie soort liefde om te bid fabriseer nie; dit is die gevolg van die gees van smekinge. Ons het gevra vir weke van gebed by Time Square en ‘n klein voorsmakie van hierdie uitstorting van die Gees beleef. Daar is inderdaad ‘n mate van vuur en ywer in gebed dwarsdeur hierdie land, maar ons het nog nie die uitstorting van die gees van smekinge beleef nie.

God wys vir my dat selfs die begeerte en liefde om te bid van die Heilige Gees af moet kom. Die antwoord word gevind in Sagaria 10:1: “Bid tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ‘n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.”

Ons moet die Here vra vir hierdie gees van smekinge! Hy sê vir ons in Sagaria, “Vra, en Ek sal vir jou hierdie las uit die hemel gee. Maar jy moet dit van My vra.”

Dit is tyd dat ons die Here vra, “O God, stort U Heilige Gees op my uit, dat ek kan leer om te bid! Open die fontein en laat my deel wees van U laaste oes!”

Wanneer Sy gees van smekinge op jou neerstort, sal jy vind dat jy bid vir heiligheid, goddelikheid, reinheid. Jy sal voorbidding doen vir jou verlore geliefdes en ween oor ‘n sterwende wêreld. Maar jy moet die Heilige Gees vra om dit binne-in jou te doen – en Hom dan vertrou!