EVANGELIE VERHOUDING

Gary Wilkerson

Ek is mal oor die woorde van ‘n ou gesang wat ons dikwels sing, “Wat ‘n vriend het ons in Jesus; Hy wat in ons plek wil staan. Wat ‘n voorreg om gedurig tot God’s troon deur Hom te gaan” (oorspronklike Engels deur Joseph M. Scriven). “’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ‘n vriend wat sterker aanhang as ‘n broer” (Spreuke 18:24).

God het die volheid van sy liefde aan ons geskenk deur die gawe van sy Seun: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). En weens sy groot liefde vir ons, is ons in staat om na ander uit te reik op liefdevolle maniere.

Ons almal wil graag iemand in ons lewens hê wat ons waardes en standaarde deel, ‘n vriend wat lojaal aan ons sal bly en ons sal liefhê ten spyte van ons swakhede. Ons lees van so ‘n vriendskap in 1 Samuel 18:1, 3-4: “[Toe] het die siel van Jónatan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel ... Toe sluit Jónatan met Dawid ‘n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel. Daarby steek Jónatan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel”

Hierdie verse verteenwoordig die liefde wat Jesus vir ons het – ‘n onverdiende, bonatuurlike liefde, ‘n liefde wat verder kyk as ons swakhede en altyd ondersteun en aanmoedig. Dit word die agape liefde van God genoem en is bokant menslike begrip. Die tipe liefdevolle vriendskap wat Jónatan en Dawid gedeel het – wat ek evangelie verhouding noem – kan slegs kom deur die krag van Jesus Christus.

Net soos jy vrylik hierdie gawe van liefde van Jesus ontvang, vra Hom om jou in staat te stel om ‘n goddelike vriend te wees wat geestelike groei aanmoedig in iemand anders – werklik “‘n vriend wat sterker aanhang as ‘n broer.”