AS EK HULLE NIE HELP NIE, WIE SAL?

Nicky Cruz

Terwyl ek en my medewerkers diegene bedien het wat vorentoe gekom het vir gebed aan die einde van die diens, het ‘n ek bejaarde ouma raakgesien wat twee klein kindertjies in haar arms vasgehou het. Sy het gehuil en ons gesmeek om vir haar kleinkinders te bid.

“Bid dat God hulle sal bewaar,” het sy gehuil toe sy hulle neergesit het. “Bid asseblief dat hulle veilig en gelukkig sal grootword en dat hulle nie betrokke sal raak by bendes en dwelms nie. Asseblief?”

My hart het gebreek vir hierdie vrou en vir haar kleinkinders, so onskuldig en pragtig. Haar oë het uitgeroep om hulp en leiding, vir enige soort verligting van die pyn en hulpeloosheid van die lewe in die ghetto. Ek het haar omhels en neergekniel om vir die kinders te bid. Sy het die hele tyd gehuil.

Daar is so baie mense in hierdie wêreld wat verlore, eensaam en hartseer is, mense wat nêrens het om hulle te wend nie en geen idee het hoe om Satan se bose greep te ontsnap nie. Jesus is die enigste een wat hulle kan help. Al wat hulle nodig het, is iemand om vir hulle die Kruis te wys, iemand wat genoeg sal omgee om hulle aan die hand te neem en hulle na die arms van hulle Skepper te lei, iemand om hulle vas te hou en hulle tot in die koninkryk lief te hê.

Toe ek klaar gebid het, het ek my arms om die bejaarde dame geplaas en haar op die voorkop gesoen. “Moenie bekommerd wees nie,” het ek vir haar gesê. “Alles sal regkom. Jesus verstaan.”

Daar is iets wat jou aanraak as jy staar in die oë van hopeloosheid, wanhoop en absolute droefheid, wat die evangelie boodskap by jou kan laat inslag vind op ‘n manier wat niks anders kan nie. Jou lewe neem ‘n hernude sin van doel en dringendheid in en jy wil elke oomblik van jou lewe waartydens jy wakker is, deurbring om jou geloof te deel en gevange siele vry te maak.

Om mense vir Jesus te bereik, is waaroor my lewe gaan. “Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word” (Lukas 14:23). Ek daag jou uit om by my aan te sluit en jouself hierdie vraag te vra: As ek hulle nie help nie, wie sal?

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.