EEN WOORD VAN JESUS

David Wilkerson

Diep wanhoop en angs kan kom teen Jesus vanaf diegene vir wie Hy die meeste omgee.

Maria en Martha het hulle geloofsvertroue verloor nadat hulle broer, Lasarus, siek geword en gesterf het (sien Johannes 11:20-21). Jaïrus se huishouding het ook hulle geloofsvertroue verloor. Hulle het almal Jesus beskuldig dat Hy te laat en harteloos was (sien Markus 5:35).

Steeds het dit net ‘n woord van Hom nodig gehad, “Staan op!” en alles het binne ‘n oomblik verander. Dit is al wat dit van die Here verg. Hy spreek ‘n woord en skielik verander alles. Satan moet sy greep verloor, die dood vlug, lewe spring op en die hemel se beloftes breek oral deur.

Geliefde, dit maak nie saak waardeur jy gaan nie, al wat die Here nodig het om te doen, is om ‘n enkele woord te spreek en duiwels slaan op die vlug. Die skepping bewe. Skielik het jy die antwoord wat jy gesoek het. So, jy wonder waarom die Here jou nog nie geantwoord het nie? Waarom duur jou lyding voort? Waarom lyk alles so hopeloos vir sommige van God se heiligste mense?

Al wat ek weet is dat in sulke krisisse, God se mense in geloofsvertroue groei, of hulle onttrek hulleself en verloor hulle geloofsvertroue. “En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe; maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie. Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe” (Hebreërs 10:38-39).

Die Here is vasbeslote om ons van alle vertroue in die vlees te stroop, sodat ons net ‘n algehele vertroue in Hom oor het.