In Een Uur, Gaan Alles Verander

Die profeet Jesaja waarsku ons dat God in die laaste dae die "wêreld onderstebo gaan draai." Hy verklaar, "Kyk, die Here maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners" (Jesaja 24:1).

Volgens hierdie voorspelling, gaan 'n onverwagse oordeel op die aarde kom, en dit sal alles in 'n enkele uur verander. Binne die kort tydperk, gaan die hele wêreld 'n vinnige vervallende verwoesting op 'n stad en 'n nasie sien, en die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie.

As jy vas is aan materiële dinge — as jy hierdie wêreld en die dinge van die wêreld liefhet — sal jy nie wil hoor wat Jesaja profeteer nie. In teendeel, selfs vir die mees opregte onder God se mense, sal dit wat Jesaja sê totaal ondenkbaar lyk. Baie sal sekerlik vra, "Hoe kan 'n hele wêreld binne een uur getref word?"

As ons nie glo dat die Bybel God se suiwer Woord is nie, sal min van ons Jesaja se voorspelling ernstig opneem. Maar die Woord maak dit duidelik: in een uur, gaan die wêreld verander. Die kerk gaan verander. En elke individu op aarde gaan verander.

Die apostel Johannes gee 'n soortgelyke waarskuwing in Openbaring. Hy praat van verwoestende oordeel wat na 'n stad en nasie oppad is: "Daarom sal daar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel… omdat in een uur soveel rykdom verwoes is" (Openbaring 18:8, 16).

In Jesaja se voorspelling, word die stad wat onder oordeel is, in totale verwarring gebring. Elke huis word gesluit, met niemand wat in of uitgaan nie. "Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie" (Jesaja 24:10). Die hele stad is verlate: "Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot 'n puinhoop stukkend geslaan" (24:12). Al die ingange en uitgange na die stad is weg. Die gedeelte wys daarop dat 'n vuur gekom het, 'n ontploffing het die fondament van die aarde geskud (sien 24:6).

Diegene van ons wat in New York woon, weet iets van hierdie soort toneel af. Toe die Twin Towers aangeval is, kon die onheilspellende vure en rook oral gesien word waar dit vir myle opwaarts gestyg het na die hemele. Onlangs het die New Yorkers in paniek gegaan toe 'n massa stoom van onder die stad se strate uitgebreek het. Mense het in alle rigtings gehardloop en geskree, "Is dit dit? Is dit die aanval wat alles gaan eindig?"

Vandag is daar 'n menigte sekulêre profete wat sê dat 'n kern aanval onafwendbaar is. Die teiken wat hulle die meeste noem is New York, maar dit kan in enige ander groot stad gebeur: London, Parys, Tel Aviv, Washington. Nie Jesaja of Johannes noem die naam van die stad waarop die verwoestende oordeel sal val nie.

Dit is nie my bedoeling met hierdie boodskap om enige iemand bang te maak nie.

Laat my dit duidelik maak by hierdie punt: My bedoeling is nie dat hierdie boodskap enige iemand moet bang maak nie. Paulus sê vir ons dat as dissipels van Jesus Christus, het ons reeds van die dood na die lewe oorgegaan. Ons wat na Jesus as ons Here roep behoort vol selfvertroue te wees, dit maak nie saak wat gebeur in die wêreld nie, Sy bloed wat gestort is red ons en koop ons vry.

Daarom behoort ons nie enige nuusberigte te vrees nie, maar moet ons eerder bedag wees op wat die Here in die wêreld gaan doen. Soos so baie ander mense, hoor ek treurige verslae wat wil maak dat ek alles net wil uitdoof. Maar die waarheid is, God beweeg te midde van sulke tye, en deur hulle stuur Hy waarskuwings aan almal wat sy stem hoor.

Jesaja se voorspelling wys duidelik na ons geslag.

Ek glo, saam met baie voortreflike Bybel studente, dat Jesaja se voorspelling na die laaste dae wys. Hiermee, praat ek van ons huidige tyd. In kort, onverwagse oordeel is oppad, en uit die Woord is dit duidelik dat dit op die punt staan om te gebeur.

Teen hierdie tyd wonder u dalk: "Hoe kan ons seker wees dat ons die geslag is waarna hierdie voorspelling verwys?" Ons kan dit weet deur twee redes dat die oordeel naby is:

1. 'n Groeiende aantal profete waarsku ons oor die apokaliptiese ramp wat gaan plaasvind. Wanneer ek die woord "profete" gebruik, praat ek nie net van diegene in die kerk nie. Ek praat ook oor die "sekulêre profete."

Daar is 'n hele aantal voorbeelde van sulke profete in die Woord. God gebruik Assirië as sy stok van bestraffing vir Israel. En hy wys Koning Kores aan as sy dienaar om Israel by te staan: "(Die Here) wat van Kores sê: Hy is my herder, en Hy sal alles volbring wat My behaag" (Jesaja 44:28).

Vandag gebruik God net so ook die profete om waarskuwings te stuur. Hulle word "sy profete" vir 'n tyd. En hulle voorspellings kan harder wees as die wat deur die gelowiges afgekondig is. Die boodskap wat ek hier skryf is sag in vergelyking met die voorspellings wat deur die sekulêre stemme gehoor kan word. Gaan 'n slag u koerante of radio verslae na.

"Want die Here, Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie" (Amos 3:7).

2. Onverwagse verdelging kom wanneer die beker van geweld oorloop. Wellus, verleiding en hebsug neem al meer toe in ons gemeenskap. En tog, toe God die vloed op die aarde gestuur het, was dit as gevolg van 'n wêreldwye uitbreking van geweld: "Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld" (Genesis 6:11).

Op hierdie oomblik, is daar 'n groot aantal oorloë en bloedige oproerigheid wat oral oor op die aardbol voorkom. En tog die vernaamste in my gedagte is die geweld wat teen kinders gevoer word wêreldwyd:

  • Ek dink aan die seksuele geweld van pedofiele. Kinders van regoor die wêreld word verkrag, ontvoer en geforseer om slawe van die globale sekshandel te word. Onlangs, is 'n pedofiel in die VSA ontdek wat 'n web-blad gehad het waarin hy ander pedofiele raad gee oor waar die maklikste plekke is om kinders op te laai. Daar is geen wet wat hierdie man kan stop nie. Die wêreld se grootse kerk denominasie het honderd miljoene dollars gespandeer om die eise vas te stel van diegene wat in hulle kinderjare deur geestelikes gemolesteer is. Sê my, hoe lank sal God nog hierdie treurige uitroepe van die kinders wat gemolesteer word deur diegene wat Chrsitus verteenwoordig aanhoor?
  • Duisende kinders in Afrika word in stam oorloë vermoor, doodgekap met pangas. Jong seuns — selfs diegene onder die ouderdom van tien jaar — word ingeskryf as stam vegters en geforseer om mans in inisiasie seremonies te vermoor.
  • By ons in die VSA, is daar miljoene geaborteerde babas wie se bloed uitroep van die grond af.
  • Verslae van skool moorde skok baie van ons nie meer nie, maar dit gaan voort om ons kinders te terroriseer. Ons mag dalk verhard word deur die aanhoor van sulke verslae, maar God se hart is bedroef daaroor.

Laat ek u vertel, daar is nie 'n erger geweld as die brutaliteit teenoor kinders nie. Die hemele roep uit, "Wee, o wee jou! Jou oordeel het geen genesing nie."

1. In een uur, gaan God die hele wêreld verander.

'n Onverwagse omwentelende gebeurtenis sal toeslaan, die eerste van die finale oordele van God. Hierdie groot gebeurtenis sal veroorsaak dat die aarde wankel. En Jesaja sê dat wanneer dit tref, sal daar geen plek wees om heen te vlug nie: "Die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond; dit laat kom tot in die stof" (Jesaja 26:5). "Daarom word die bewoners van die aarde deur 'n gloed verteer" (24:6).

Die oomblik as dit gebeur, sal algehele wanorde uitbreek. Alle burgerlike aktiwiteite sal stop, en die gemeenskap sal in 'n massiewe wanorde afdaal. Regerings agentskappe sal hulpeloos wees om enige vorm van normaliteit te herstel. Geen staats soldate, geen nasionale wagte, geen weermag sal in staat wees om orde te bring in die oproerigheid nie.

U sal goed onthou toe die Twin Towers vernietig is, hoedat hulp van oral oor in die wêreld na New York ingestroom het. 'n Weermag mense het gekom om te help op watter manier hulle ook al kon. Maar die toneel in Jesaja se voorspelling is anders: dit is duidelik dat hierdie ramp buite die mense se bevoegdheid is om te reageer.

As die oordeel eers toeslaan, sal dit die ekonomie verwoes. Ryk handelaars sal net kan staan en toekyk in foltering, huil en treur, terwyl hulle bankrotskap in die gesig staar. In 'n oomblik, sal al die rykdom wat hulle bekom het tot niks verminder wees. Johannes beskryf die toneel: "Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe, en sê: Wee, wee die groot stad …omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!" (Openbaring 18:15-17).

Oornag, sal alle koop en verkoop tot 'n einde kom. Elke restaurant en kroeg sal gesluit word, en alle gedrink en musiek sal eindig. Inteendeel, elke spoor van vrolikheid en genot, vreugde en blydskap, sal verdwyn: "Almal wat bly van hart is sug. Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter. Hulle drink geen wyn onder gesang nie … die vreugde van die aarde is verban" (Jesaja 24:7-9,11).

Dit is inderdaad 'n prentjie van swaarmoedigheid en oordeel. Maar dit is nie my voorspelling nie. Hierdie woord is deur die Heilige Gees van die Almagtige God gegee, sodat die regverdige profeet Jesaja dit kan afgee. Selfs die sekulêre wêreld is besig om daarvoor voor te berei. Biljoene word spandeer aan binnelandse sekuriteit in die VSA, Engeland, Europa en Israel. Waarom? Militêre kenners waarsku dat daar verseker 'n wêreld-skokkende terroriste aanval aan die kom is.

U mag vra: "Waarom sal die hele wêreld verander, as 'n kern aanval dan net in een stad voorkom?" Dit sal gebeur, as gevolg van die vrees van vergelding. As 'n skurk nasie so 'n aanval stuur, kan u verseker wees dat daardie nasie binne ure uitgeroei sal wees. Dink 'n bietjie aan die plan wat Israel in plek gehad het, bekend as die Samson opsie. Die oomblik as 'n kernmissiel teen hulle afgestuur sou word, sou Israel binne oomblikke kern missiele loslaat om die hoofstad van enige vyandelike staat te verwoes.

Die wêreld het 'n tydbom geword, en die tyd is besig om vinnig uit te loop.

2. In een uur, gaan God die kerk verander.

Die uur van verwoesting sal die kerke skielik verander, of hulle lewendig was of dood. Jesaja skryf: "… soos by die afslaan van die olywe" (Jesaja 24:13). Die beeld is van God wat 'n olyfboom skud nadat die vrugte gepluk is. In kort, Hy gaan alles skud wat geskud kan word, en niks gaan vryspring nie. Dit sal 'n tyd van omwentelende vernietiging en oorrompelende donkerte wees.

U vra nou, "Wat van God se mense te midde van dit alles? Wat sal met die kerk gebeur?" Jesaja gee ons 'n ongelooflike woord oor wat met die gelowiges sal gebeur.

Te midde van die verskriklike skudding, sal 'n lied gehoor word, en die geluid daarvan sal geleidelik sterker word. Ineens, in die donkerste van ure, sal 'n wêreldwye koor van stemme oprys tot God se majesteit: "Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die Here juig hulle van die see af" (24:14).

Sien u die prentjie? Daar sal paniek oral wees. Die mens se hart sal hom in die steek laat van vrees, soos die vure rook opbreek wat vir honderde myle sigbaar sal wees. Wanorde en chaos sal aan alle kante heers. En tog, in die middel van die verwoestende vure en rampe, sal die wêreld 'n roemryke lied hoor: "Daarom, eer die Here in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die Here, die God van Israel … van die eindes van die aarde af hoor ons lofsange: Glorie aan die regverdige [Een]" (Jesaja 24:15-16).

'n Heilige oorblyfsel gaan ontwaak, en 'n lied sal in die vuur gebore word. In die plek van paniek, sal die mense van God sy ongelooflike majesteit loof en prys. Stel u dit voor: in die donkerste uur van alle tyd, sal 'n uitgesoekte stem oprys in hulle miljoene vanuit elke nasie, nie in vrees of angs nie, maar in vreugde sal hulle die Here prys.

Hoe sal dit gebeur, mag u dalk vra? In een uur, gaan God sy kerk herstel en herskep. Droë beendere sal skud en rammel, en die regverdige sal ontwaak, as die Heilige Gees menigtes van die louwarm gelowiges terug roep na hulle eerste liefde. In sy genade, sal Hy diegene oproep wat Hom buite rekeninig gelaat het, wat Sy Woord geïgnoreer het, wat gebed vermy het, en miskien selfs egskeiding oorweeg het. Hulle siele sal skielik met steekpyne van berou en goddelike smart gevul word. Baie van hulle sal op hulle aangesigte neerval, en in berou uitroep.

Daar sal 'n herlewing wees om God se majesteit te aanbid. En die lied van hierdie herlewing sal van die uithoeke van die aarde af gehoor word. Oos, wes, noord en suid — van Arabiese lande tot China, Indonesië, Afrika en elke deel van die aarde — 'n roemryke lied sal opstyg te midde van die vure. In een dag se tyd, sal diegene wat die vuur oorleef het, 'n nuwe lied sing regoor die wêreld.

Jesaja 25 vertel ons van die fantastiese wonderwerke wat sal gebeur in die tyd, soos "God sal alle dinge nuut maak."

Regoor die wêreld, gaan God se mense "feesvier" in Sy Woord: "En die Here van die leerskare sal op hierdie berg vir al die volke berei 'n maaltyd van vetspyse, 'n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn" (Jesaja 25:6).

"En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is" (25:7) Op hierdie oomblik, in hierdie tyd van voorspoed, lyk dit asof die wêreld se menigtes se oë toegedek is met 'n sluier, en dit is vir hulle onmoontlik om die waarheid van Jesus Christus te sien. Maar wanneer God opstaan om die wêreld met sy oordeel te skud, sal die omhulsels wat die verstand van biljoene bedek eenkant gewerp word. Die sluier van duisternis sal verwyder word, en baie sal die Here in Sy glorie sien. Die Heilige Gees sal Christus op niemand van diegene wie se oë en harte oopgemaak is, forseer nie; daar sal eerder 'n oorskot uit hulle geledere opstaan.

Ek glo dat die donkerste omhulsels vandag oor die oë en harte van ons jeug wêreldwyd is. Dit is spesifiek waar van ons kollege gaande studente, wie se geloof vir soveel as vier jaar gebombardeer is. Oor 'n tydperk is hulle gedagtes geïndoktrineer deur goddelose professors in klasse waar geloof aangeval, bespot en verag is. Hierdie jongmans en vrouens se geloof het nou skipbreuk gelei. Hulle verlaat die kollege en is oortuig dat God dood is.

Maar in die uur van verwoesting — kern, ekonomies en sosiaal — sal al sulke skynheilige sluiers wegval. Dieselfde professors wat dit bespot het, sal besef dat hulle 'n keuse moet maak, soos hulle die moontlikheid van dood in die gesig staar: "Wat van die ewigheid? Is daar lewe na die dood?" Hulle gaan begin soek na iemand om aan hulle te verduidelik wat besig is om te gebeur.

Wanneer die lied gesing word, gaan dit gehoor word deur jong mense van alle sfere van die samelewing, van elke nasie onder die son. Baie sal hulle harte verhard en God vloek by die aanhoor van die lied, maar 'n menigte ander sal hulle stem voeg by die prysiging van sy majesteit.

3. In een uur, gaan God ons as individue verander.

In 'n enkele uur, sal die fokus van ons lewens verander word. Ons sal nie meer vol wees van ons eie teenspoed en probleme nie. Plotseling sal so baie dinge wat ons as waardevol beskou het, nie meer vir ons belangrik wees nie. Waarom? In daardie uur, sal elkeen in dieselfde boot wees:

"Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar" (Jesaja 24:2).

Die onverwagse oordeel wat aan die kom is sal niemand in ag neem nie. Dit sal al te seker, almal raak wat binne die bereik van sy woede is. Presidente, konings, die wêreld se rykste en mees beroemdes — almal sal sidder net soos die armstes op aarde. En hierdie rampspoedige gebeurtenis sal elke afgod tot 'n nietigheid bring, alle onreinheid suiwer en alle vals altare afbreek:

"Daarom sal hiermee die skuld van Jakob versoen word, en dit is die volle vrug van die wegneming van sy sonde: as hy al die altaarklippe maak soos verbryselde kalkklippe, die heilige boomstamme en die sonpilare nie meer oprys nie" (Jesaja 27:9).

Die wêreld se vernaamste afgod is geld, en op hierdie stadium staar Amerika die mees afskuwelikste finansiële ramp in die gesig. Beleggers skarrrel rond om hulle geld uit hoë-risiko vondse te verwyder, en verband maatskappye speel bankrot. 'n Onlangse finansiële hoof opskrif het gelui, "Verlaat die Skip!" Almal verkoop en niemand koop nie. Baie huishoudings is in paniek, soos wat hulle lewens oornag verander. Ek dink aan die president van 'n veelvuldige biljoen dollar dekkings fonds, wat onlangs sy 142-voet seiljag en sy 16-slaapkamer herehuis in Aspen, Colorado te koop aangebied het. Sy fonds het letterlik oornag opgedroog.

Die dag is oppad wanneer sport die laaste ding in die mense se gedagtes sal wees. Ek het niks teen sport nie, maar binnekort sal daar nie meer 250-miljoen dollar ooreenkomste vir atlete wees, terwyl soveel van die wêreld besig is om te sterf van die honger nie. Alle afgode sal neerstort, verpletter tot stof, en die sportveld sal gelyk gemaak word. Die rykes en die armes sal dieselfde toestande in die gesig staar.

Dit sal binne een dag plaasvind: "Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid – dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie" (1 Thessalonicense 5:3).

Waarom sulke apokaliptiese waarskuwings?

U mag wonder: watter goed kan kom van hierdie voorspellings boodskappe? Waarom moet enige iemand onder sulke angs leef?

Ek wil u herinner, Jesus het Jerusalem gewaarsku oor 'n skielike verwoesting wat oor die stad sou kom. Dit sou tot teen die grond afgebrand word, met oor 'n miljoen mense wat vermoor sou word. Christus verduidelik sy waarskuwing: "En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur" (Johannes 14:29). In wese het Hy gesê, "Wanneer dit gebeur, sal julle weet daar is 'n God wat julle liefhet en julle vooraf waarsku."

Paulus noem sulke waarskuwings "ligte," insigte wat die donkerte verban. In kort sê hy: "Julle is almal kinders van die lig, omdat julle weet wat in die toekoms gaan kom. Dus, wanneer verwoesting kom, en daar paniek oral rondom julle is, sal julle die kalmte van die Heilige Gees hê. Iets sal binne-in jou opleef, en jy sal onthou, 'God het my gewaarsku.' Hierdie voorspelling is nie 'n boodskap van gramskap vir God se mense nie, maar 'n oproep om te begin gereed maak."

"Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus, wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe" (1 Thessalonicense 5:9-10). Paulus praat hier van 'n tyd van moontlike verwoesting. Hy sê dus, "Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen" (5:11).

In hierdie tyd van voorspoed, wil niemand 'n boodskap soos die een van Jesaja hoor nie. Ek wil dit beslis nie hoor nie. Maar ons kan dit nie ignoreer nie, want dit is hier, voor ons deur. In sulke tye, sê Paulus, wanneer ons weet dat 'n onverwagse verwoesting oppad is, moet ons nie beangs word of treur soos die wêreld nie. In plaas daarvan, behoort ons mekaar te bemoedig in die geloof, met die wete dat God oor elke aspek van ons lewens heers.

"Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid" (5:8). Paulus gee die volgende instruksies, "Bewapen jouself. Bou jou geloof, voordat die dag kom. Leer jou lied, en dan sal dit vir jou moontlik wees om in die vuur te sing." "Daarom, eer die Here in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die Here, die God van Israel" (Jesaja 24:15).

Dit is die hoop van ons mees heilige geloof: ons Here bring 'n lied uit in die donkerste tyd. Begin nou reeds om jou heilige geloof in Hom te bou, en leer om Sy majesteit in stilte in jou hart te loof. Wanneer jy jou lied sing, sal dit jou broers en susters versterk en bemoedig. En dit sal 'n getuienis wees aan die res van die wêreld: "Ons God heers oor die Vloed!"