DURF ONS GLO?

David Wilkerson

Ons almal het ‘n geheime begraafplaas in ons lewens. Ek praat van iemand of iets waarmee ons lankal moed verloor het. Ons het dit begrawe, ‘n grafsteen daaroor gesit en die sterfdatum daarop neergeskryf.

Ek dink aan ‘n geliefde kennis wat vir my en my vrou vertel het dat sy na haar kinders se gradeplegtigheid toe gegaan het. Hierdie vrou se man het haar jare tevore vir ‘n ander vrou verlaat. By die gradeplegtigheid, het hy en sy nuwe vrou, saam met sy hele familie opgedaag.

Hoe moeilik moes dit vir haar gewees het. Op daardie stadium, was ons vriendin se voormalige huwelik lankal verby die kans op herstel. Tog, terwyl sy ‘n paar meter van haar gewese man en sy nuwe vrou gesit het, het God haar laat teruggaan na die graf van haar huwelik. En toe het sy begin bid vir die redding van haar vorige man en sy vrou.

Waarom sou sy dit doen? Sy wou hom laat opstaan uit die sondedood. Jy sien, omdat sy Christus ken, het sy geweier om moed op te gee met die dooies. Sy weet Jesus besit ‘n hedendaagse opstandingskrag om lewe uit die dood voort te bring.

Ons Here bring lewe uit die dood voort. Al wat nodig is, is sy woord, sy asem en skielik kom dit wat dood en hopeloos lyk, tot nuwe lewe.

Jesus het nie slegs daarop aanspraak gemaak om mag oor die dood te hê deur te sê, “Ek is die opstanding en die lewe” (John 11:25) nie, maar Hy het dit bewys!

Durf ons glo wat Jesus gesê het oor opstandingslewe en dit op ons lewens toepas?