DRYF ONGELOOF UIT

David Wilkerson (1931-2011)

Ons lewe in die tyd van die grootste evangelie openbaring in die geskiedenis. Daar is méér predikers, méér boeke en méér evangelie-media versadiging as wat daar nog ooit in die verlede was. Tog was daar nog nooit meer bekommernis, verdrukking en verwarring onder God se kinders nie. Herders ontwerp hulle preke vandag net om mense op te tel en hulle te help om hulle wanhopigheid te kan hanteer. Hulle preek van God se liefde en geduld, en herinner ons dat Hy ons tye van moedeloosheid verstaan. Ons word vertel, “Byt net vas. Hou moed. Selfs Jesus het verlaat gevoel deur sy Vader.”

Daar is niks hiermee verkeerd nie. Tog is daar steeds net één rede waarom ons so min oorwinning en verlossing beleef: dit is ongeloof. Trouens, God het baie duidelik gepraat in hierdie laaste dae: “Ek het jou reeds die Woord gegee. Dit is volbring – so, staan nou daarop.

Daar is diegene wat ‘n hongersnood van God se Woord beleef vandag, maar eintlik beleef ons ‘n hongersnood van om God se Woord te hoor en dit te gehoorsaam. Waarom? Omdat geloof nooit na ons toe kom met logika of rede nie. Paulus het dit openlik gesê, “Die geloof is uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17). Die enigste manier waarop ware geloof ooit sal ontstaan in enige gelowige se hart, is deur dit te hoor – dit is, te glo, te vertrou en op te tree volgens – God se Woord.

Is jy moedeloos? Die Here sê, “Ek gee jou my Woord.”

  • “Daarom sal elke vrome U aanbid in ‘n tyd as U te vinde is ... U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees” (Psalm 32:6-8).
  •  “Kyk, die oog van die HERE is op die wat hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag” (Psalm 33:18).
  • “Hierdie ellendige het geroep, die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos” (Psalm 34:7).

In net drie psalms word ons genoeg van God se Woord gegee om alle ongeloof uit te dryf. Ek moedig jou nou aan: hoor dit, vertrou dit, gehoorsaam dit. En, laastens, rus daarin.