Droë Tye

Daar is ‘n unieke ervaring wat ‘n algemene verskynsel is vir elke volgeling van Jesus. Ek praat van die geweldige geestelike teleurstelling wat volg na ‘n bergtop belewenis van seën en oorwinning. Ons noem hierdie ervarings “droë tye.” Dit lyk soos ‘n diepe indompeling in ‘n geestelike duisternis in, ‘n onderdompeling in groot toetse, nadat ons ‘n spesiale aanraking van God ervaar het.

My pa, oupa en oupagrootjie was almal predikante, en hulle het daarvan getuig dat hulle dit in hulle eie lewens ervaar het. So ook die sendelinge en evangeliste wat ons huis besoek het. Ek onthou nog hoe hulle almal gewaarsku het, “Wees op die uitkyk. Na ‘n groot oorwinning, is die vyand altyd daar om te probeer om jou te laat val. Hy wil jou seëning wegvat, en jou geloof in die Here kruppel maak.”

Ons vind dat droë tye die lewens van goddelike mans en vrouens dwarsdeur die Bybel lastig geval het. Dit is ‘n algemene verskynsel in besonder vir diegene wat naby aan die Here gewandel het.

Dink aan Elia.
Hierdie dapper profeet het ‘n wonderlike lewe van geloof geleef. In ‘n enkele dag, het God sy krag deur ongelooflike maniere deur Elia geopenbaar. Op Mount Karmel, het die profeet vuur uit die hemel laat neerkom wat sy offer saam met twaalf emmers water verteer het. Elia het daarna 400 priesters van Baal uitgeroei. Die mense wat hierdie ongelooflike toneel sien afspeel het, het op hulle gesigte neergeval in aanbidding.

Ons sien Elia ook ander ongelooflike dinge doen. Hy bid vir reën om die droogte te eindig, en hy hardloop voor Koning Agab se rytuig uit vir baie myle.

Praat van ‘n roemryke openbaring van God se krag. Hierdie was ongelooflike oorwinnings, verbasende antwoorde op die gebede van ‘n goddelike man. Elia het bo-natuurlike krag ervaar, die krag van die Heilige Gees. Hy het oorgeborrel van ywer en geloof, al wandelende op ‘n verhewe geestelike vlak.

Wat het daarna vir Elia gewag? In die presiese uur van sy seëning en openbaring, het hierdie magtige profeet in ‘n diepe wanhoop ingeval. Waarom? Agab se vrou, Koningin Jezebel, het gedreig om hom te vermoor. Ineens, in ‘n dag se tyd, het Elia van ‘n roemryke oorwinning na ‘n volslae wanhoop afgedaal. ‘n Droogheid het hom oorkom, en sy gees het so laag gesak dat hy wou sterf.

Elia het van God weggehardloop uit vrees. Hy kon nie van sy wanhoop ontslae raak nie, daarom het hy in ‘n grot gaan wegkruip, en uitgeroep, “Here, ek het misluk in my roeping. Watter doel is daar met my lewe?” Hy het ‘n droë tyd beleef.

Dink aan Israel by die Rooi See.
Hier is een van die grootste bekendmakings van God in die wêreld se geskiedenis. Geen gebeurtenis wat nog ooit deur die mensdom opgeteken is, kon al ooit teen hierdie afbeelding van God se glorie opmeet nie. Probeer om jou dit voor te stel: massas mure van water wat hoër raak by die minuut, en ‘n see in twee verdeel. Wat ‘n ongelooflike wonderwerk vir enige man, vrou of kind om te aanskou.

Die Israeliete het op droë grond na die ander kant deurgestap. Toe hulle eers veilig was, het hulle omgedraai en gesien dat hulle Egiptiese onderdrukkers deur die massas water wat op hulle afgekom het verpletter is. God het sy mense op ‘n wonderbaarlike manier verlos tot oorwinning, en nou het hulle gedans van blydskap en geskreeu van vreugde. Wat ‘n geestelike hoogtepunt was dit nie vir hulle nie.

Wat het daarna vir Israel gewag? Drie dae na hierdie ongelooflike oorwinning, was hulle volkome ontmoedig. Hulle het na water verlang in die wildernis, die poel by Mara waarheen God hulle gelei het was bitter water. Terwyl die mense die water uit hulle monde gespoeg het, het hulle geloof verbrokkel. In net drie dae se tyd, het hulle van die grootste bergtop oorwinning van alle tye na die laagste vallei van wanhoop gedaal – ‘n droë tyd.

Wat was aan die gebeur? By die Rooi See, en by die poel van Mara, was God besig om sy volk te beproef: “En hule daar beproef” (Eksodus 15:25). Eenvoudig gestel, God was met sy mense tydens hulle geestelike hoogtepunt, en tog was Hy ook net so met hulle in hulle laagste tyd.

• Dink aan Dawid.
God het vir hierdie man gesê, “En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid.” “Jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.” (2 Samuel 7:16).

Toe die Here die woord tot sy dienskneg gespreek het, het hy na Dawid se afstammelinge, of geslag verwys. Natuurlik het God ook gepraat van die Messias wat sou kom. Geen mens kon meer geseënd wees deur hierdie belofte as Dawid nie.

Na hierdie ongelooflike openbaring, het Dawid van die een bergtop ervaring na die ander gegaan. Die Woord sê herhaaldelik die volgende oor sy lewe, “En daarna, Dawid …”, die een oorwinning na die ander opgeteken, die een seëning na die ander. Met ‘n ongelooflike salwing, het Dawid die een vyand na die ander aan hom onderwerp en so Israel se grense en sy koningkryk herstel. Hy het seëninge aan alle kante geniet, en terwyl hy in die tempel aanbid het, het hy die Here gevra, “Wie is ek dat U my so seën?”

Wat het gevolg vir hierdie groot dienaar van God? Dit was tydens die hoogtepunt van sy grootste oorwinnende, geseëndste tyd – terwyl Dawid naby aan die Here was, en Hom duidelik hoor praat het, vrugtevol was, en gesien het hoedat wonderlike beloftes tot vervulling gekom het – dat hy in ‘n put van verskriklike versoeking geval het.

Wat gevolg het was die ergste droë tyd wat Dawid ooit sou beleef. Ons het sy belydenis oor die geestelike droogte wat na sy val gekom het, gelees. “My siel is terneergedruk, my bene pyn, alle vreugde het verdwyn. Ek was geseënd, maar nou is ek alleen en neerslagtig. Ek kan dit nie verstaan nie. O, God, waar is U?”

Dink aan Daniël.
Hierdie man het sy hart daarop gerig om God te soek deur getrou te bly in gebed, vas en om God se Woord te bestudeer. Die Gees van God het Daniël so vasgevang dat hy ongelooflike openbarings van die hemel ontvang het. En soos hierdie groot openbarings gekom het, het Daniël kragtige voorspellings gemaak.

Wat het op so ‘n goddelike man gewag? Daniël is vervolg, in die tronk gegooi en in die leeukuil gewerp. Hy het daarvan getuig dat hy so oorweldig was “geen krag het in my oorgebly nie” (Daniël 10:8). Hy het ook ‘n droë tyd beleef.

Dink aan Paulus.
Paulus is opgeneem in wat hy genoem het “die derde hemel”, ‘n ryk waar hy onuitspreeklike roem gesien het. Hy het openbarings ontvang wat nog nooit voorheen deur enige man of vrou gesien of gehoor is nie. Eenvoudig gestel, Paulus het na ‘n ander vlak beweeg, waar hy ‘n klein stukkie van God se glorie kon sien.

Wat het daarna vir Paulus gewag? Soos hy uit die hemelse ryk gekom het, het hy ‘n “boodskapper van Satan” ontmoet, wat hom geslaan het. Paulus praat daarvan dat hy in daardie tyd verhinder is deur ‘n doring in sy vlees. Inderdaad, het Paulus onmiddelik in ‘n tyd van geestelike oorlogvoering ingegaan. Sy geskrifte vertel ons dat hy in die tronk was, deur sy beste vriende verlaat was, en die een beproewing na die ander beleef het. Paulus het droë tye goed verstaan.

Dink aan Jesus.
Toe Jesus uit die water uitgekom het nadat Hy in die Jordaan gedoop is, het die Heilige Gees op Hom neergedaal in die vorm van ‘n duif. En ‘n stem het uit die hemel geroep soos ‘n donderslag, en Hom as “My Seun” begragtig.

Wat het onmiddelik daarna vir Jesus gewag? Hy was reguit na die woestyn gelei, waar daar niks kos of water was nie. Jesus is daar op allerhande maniere deur Satan versoek. Soos baie ander, het Christus reguit van ‘n openbaring na ‘n versoeking gegaan, van ‘n ervaring van nabyheid met Sy Vader tot ‘n algehele droë plek.

In 1974, was ek by ‘n byeenkoms in Dallas waar ek gepraat het oor “die lyding van Christus.” In die middel van my boodskap, het die Heilige Gees oor my gekom en ek het begin om die Here te prys. Terwyl ek my hande na die hemel ophef, was ek gelei om die volgende drie woorde te sê: “Glorie, eer, en roem.”

Binne oomblikke, was ek opgeneem in ‘n rivier van lof aan die Here. Ek is deur die Gees opgeneem, asof ek uit die auditorium uitgelig is. Skielik het engele en hemelse wesens by my lof aangesluit. Dit het gevoel asof ek maar net een stem was in ‘n hemelse koor.

Ek het op die verhoog inmekaar gesak terwyl die gehoor stil gesit en luister het. Daar was ‘n lig reg rondom my, en dit het helderder geword. Dit het gelyk asof ek in die een of ander hemelse atmosfeer was. Op daardie oomblik, was die teenwoordigheid van Jesus oraloor. Ek het geen begeerte gehad om Moses of Abraham te ontmoet nie, of selfs geliefdes wat reeds gesterf het nie. Ek het geen belang gehad by strate van goud of ‘n herehuis nie. Die vraag “Sal ons mekaar ken in die hemel?” was nie van toepassing nie. Niks van daardie dinge het saak gemaak nie. Die glorie van God se teenwoordigheid was oorweldigend. Ek het begin besef hoe min ons regtig van die glorie van Christus af weet.

Ek weet dat wat ek beleef het nie ‘n gevolg was van my heiligheid nie. In teendeel, ek het die Here dikwels gefaal. Die feit is, ek was in die ryk van die hoogste eer tot Hom. Ek besef nou dat dit God se antwoord was tot my siel se kreet, my honger vir Hom, my gebede vir ‘n groter openbaring van Christus. Ek het ‘n visioen ontvang van hoe ons lofsange hier op aarde met die van die hemelse wesens saamvloei.

Uiteindelik, het ek wakker geword uit my ervaring en regop gesit. My vrou, Gwen, wie saam met my op die verhoog was, was verlig. Dit het ‘n tyd geneem voordat ek kon praat.

Met die bewuswording van die gebeurtenis, het ek gedink, “Ek het ‘n blyk gehad op Sy glorie! Dit is die grootste enkele openbaring in my lewe. My vlees is verslaan. Ek sal nooit weer in die vallei van wanhoop ingaan nie. Van nou af, sal ek bid soos Elia. Die vlees kan my nie langer hou nie. Openbaring na openbaring gaan vloei. Ek weet ek gaan nooit weer hierdie vuur verloor nie.”

Minder as ‘n week later, het ek die droogste periode ooit van my lewe ingegaan. Tydens die daaropvolgende ses weke, het dit voorgekom asof ek van die hemelse na folterende leegheid gegaan het. Ek het gedink dat ‘n geweldige groei op my ervaring sou volg, dat my honger vir die waarheid sal groei en dat ek ewigdurende vreugde en vrede sou ervaar. In plaas daarvan, het dit gelyk asof die hemel vir my gesluit was.

‘n Sekere predikant het my vertel dat my droë tyd God se manier was om my te wys dat emosionele ervarings geen waarde het nie. Ek het egter geweet dat dit nie die geval was met my nie. Niemand kon die diepe ervaring van hoë lof wat die Here my gegee het, van my af wegneem nie.

Met die tyd saam, het ek oortuig geword daarvan dat ek ‘n ervaring met soveel ander gelowiges deel wat ek ken: geestelike droogheid en toetsings na ‘n nuwe openbaring.

Ek dink aan T. Austin-Sparks, ‘n vroom Engelse prediker en een van my gunsteling skrywers, wie nou met die Here is. Mense wat Austin-Spark’s se openbaring gelees het, het hulle huise verkoop en na London getrek net om onder sy prediking te wees. Hy is gesien as so ‘n goddelike man dat selfs Watchman Nee onder hom opgelei is.

‘n Amerikaanse vrou wat saam met Austin-Sparks studeer het, skryf oor sy belydenis aan sy studente oor sy droë tye. Hy het gesê dat elke openbaring in sy lewe gevolg is deur ‘n sataniese aanval op sy liggaam. Hy het verskriklike maagontsteking, maag pyn, en slapelose nagte ervaar, hy het ook uiterste eensaamheid ervaar. In kort, hierdie man het ‘n prys betaal vir elke nuwe aanraking en openbaring wat hy ontvang het van die glorie van Christus.

In sy boek “His Great Love” skryf Austin-Sparks oor hierdie onderwerp. Hy sê (in my slot omskrywing): “Nadat wonderlike waarhede aan ons gewys is, is dit ‘n pynlike iets om te besef dat ons nog nie die hoogste punt bereik het nie …

“Om dit moontlik te maak om na verdere vlakke van waarheid te beweeg vir verdere openbarings, moet iets met ons gebeur. Ons gaan deur nuwe ervarings van dood, verlatenheid, leegheid, hopeloosheid, sodat ons in‘n dieper en goddelike openbaring kan ingaan. Ons het gedink ons het in die volheid van God se gedagtes ingekom. Ons het gedink ons het regtig gegroei en kon sien. Toe skielik was alles asof dit niks was nie …

“My ervaring is dat dit deur so ‘n geskiedenis met God – ‘n geskiedenis van herhaalde verlatenheid en leegheid, na wonderlike onthullings en openbarings is – dat jy uit die droë plek uitgelei word na meer, groter openbarings. En jou visie word vergroot …”

Daar was tye tydens my bediening waar ek so bevoorreg was om ‘n vennoot te wees saam met groot manne van God, soos Leonard Ravenhill, wat die boek “Why Revival Tarries”, geskryf het. Met tye sou hierdie manne hulle diepste ervarings van hulle droë tye met my gedeel het. In my binnekant het ek teruggedeins; in my jeugdige ywer het ek gedink: “Dit behoort nie so te wees nie. Hierdie man is ‘n reus in die geloof. Here, waar kom hy te kort, dat hy in so ‘n wildernis beland het?”

Ek het nie die diep, ongelooflike werk van die Gees verstaan, wat God op droë grond doen nie.

Jesus was so pas gekruisig en begrawe toe Petrus en die dissipels besluit het om bymekaar te kom. Hulle het agter geslote deur vergader, met vrees vir hulle lewens, toe hulle skielik die opwindende nuus hoor: “Hy leef!”

Skielik, het Jesus by die geslote deur ingestap in Sy opgestane liggaam. Hy het hulle vertel, “Vrees nie. Dit is Ek, julle God.”

Sê my: as u in die vertrek was daardie dag, sou u nie sê dat dit die mees ogelooflikste gesig was wat u nog ooit aanskou het nie? Dink daaraan: u sien met u eie oë die opgestane Christus, kort voordat Hy na sy hemelse troon opvaar. U word toegelaat om Hom aan te raak, Hom te omhels, te sit en saam met Hom te eet.

Voordat Hy vertrek, beveel Jesus u om die hele wêreld in te gaan, te preek en mense te doop, duiwels uit te dryf en die siekes gesond te maak. En Hy belowe sy teenwoordigheid sal u nooit verlaat nie: “Ek sal saam met jou gaan tot die einde van die aarde.”

Ek glo, dat elke gelowige in daardie vertrek dit as die grootste openbaring sou beskou het, die mees roemryke oomblik, wat enigeen ooit op aarde sou kon beleef. Enigeen wat die vertrek sou verlaat, sou gedink het, “Ek gaan ‘n wonderwerk bediening hê. Jesus het so gesê. Hy gaan my gebruik soos ek nooit voorheen kon dink het Hy sou nie.”

Sê vir my, sou daardie gebeurtenis nie u dam van geloof opgebou het nie? Sou u nie oortuig gewees het dat u nooit weer sal twyfel nie?

En tog, wat het gevolg op die grootste van alle geestelike hoogtes? “Petrus sê vir hulle, ek gaan visvang” (Joh 21.3). Ses van die dissipels het Petrus na die meer gevolg, om die waarheid te sê hulle het teruggekeer na hulle vorige lewens as vissermanne. Waarom? Wat het gebeur met die groot bediening waartoe Jesus hulle geroep het?

Hierdie manne het in ‘n diepe smart ingeval. Dit was iets waarteen Jesus hulle vooraf gewaarsku het: “’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie … en julle sal bedroef wees” (16:19-20). Christus het geweet dat die toegewyde volgelinge ‘n baie lae tydperk sou beleef. Hulle sou oorweldig word deur Sy fisiese afwesigheid in hulle lewens. Daar sou nie meer ‘n aangesig-tot-aangesig gemeenskap met Hom wees nie. Alhoewel hy belowe het dat Hy met hulle sal wees, het dit voorgekom asof Hy hulle verlaat het om dit op hulle eie te probeer maak.

Austin-Sparks skryf, “Daar is tye dat die Here ons laat voel asof ons alleen gelaat is, wanneer dit lyk asof hy die hemel gesluit het en daar geen heen-en-weer kommunikasie is nie. Alles waarvoor ons op die uitkyk was en waarop ons gehoop het, lyk asof dit tot ‘n einde gekom het, en afgebreek is. Dit lyk asof alles in ‘n puinhoop verander het” (my slot omskrywing).

Ek het voorbeelde van hoogtes en laagtes van groot figure in die Bybel uitgelig. Ek het een van my eie droë tye beskryf en die van T. Austin-Sparks. Ek vra u, watter ervarings het u gehad met uiterste laagtepunte na ‘n geestelike hoogtepunt?

Ek wil u daaraan herinner, die droë tyd – die lae periode in u gees – is meestal bekend aan diegene wie God beplan om te gebruik. Dit is inderdaad, algemeen vir elkeen wat Hy oplei om dieper en verder te gaan op Sy weg.

Soos u terugkyk na u eie droë ervaring, vra uself: het so ‘n tyd gevolg na ‘n vernuwing van die Gees in my lewe? Dalk het u ‘n vars ontwaking ervaar. U het teruggekeer na ernstige gebed, en die Here gevra:

“Raak my aan Jesus. Ek voel louwarm. Ek weet my diens aan U groei nie soos dit moet nie. Ek is honger om meer van U te ken as wat ek nog ooit geweet het. En ek wil ywer hê om vir U te werk: vir die siekes te bid, die verlorenes te red, hoop te bring aan die hopeloses. Vernuwe my, Here. Ek wil vir U koningkryk gebruik word in ‘n groter mate.”

Omdat u ernstig geword het met God, het u antwoorde begin ontvang vir u gebede. U het begin om God se stem duidelik te hoor. Gemeenskap met Hom was wonderlik, u ywer het toegeneem, en u het Sy beweging in u lewe so duidelik ervaar.

Dan eendag, word u wakker en die hemel lyk soos ‘n staalplavon. U is teneergedruk en weet nie waarom nie. Gebed lyk soos sielesmart, en u hoor God se stem nie meer soos u dit eens gehoor het nie. U gevoelens wil voorkom asof dit dood is, u gees is droog en leeg. Sedertdien, het u slegs deur geloof geleef.

My geliefde, moenie paniekerig raak nie. En moet uself nie blameer nie. Ek ken die soort indompelings persoonlikheid, van die bergtop tot die laagste put. Petrus praat spesifiek daarvan, en raai ons aan om nie te dink dat iets snaaks met ons gebeur nie: “Verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus” (1 Petrus 4:12-13).

Die Here laat hierdie droë tye toe, omdat Hy iets in ons lewens wil doen.

Toe ek eendag in so ‘n droë tyd wakker word, na die groot bergtop ervaring in Dallas, het ek myself begin ondersoek. Ek het my voetstappe nagegaan om te sien waar ek dalk skeefgetrap het. Soos ek my hart ondersoek het, het ek myself blameer omdat ek ‘n harde kop gehad het, en gedink het dat dit vir my onmoontlik is om die diep dinge van God te “snap”.

Onlangs het ek notas gevind van ‘n aantekening wat ek gehou het van daardie droë tyd. Die volgende inskrywings is van ‘n tyd in 1979:

“Is my droë tyd ‘n resultaat daarvan dat ek te veel op my gevoelens staatmaak? Is dit ‘n resultaat daarvan dat ek nie volkome oorgegee is nie? Is die Here kwaad vir my?... Ek weet dit is meer as net ”om af te voel”. Ek het nog nooit aan sy liefde vir my getwyfel nie. Maar waarom het ek hierdie gevoel dat ek nie sy stem hoor nie?... Op ‘n manier weet ek, Here, dat U my uit hierdie droë tyd sal bring. Ek weet dat U die beloftes wat u gemaak het sal vervul. U sal my droogheid in ‘n rivier van liefde verander.”

God het daarop aangedring dat daar “droë grond” moet wees oppad deur die Rooi See. Hy het vir Israel gesê, “(Julle) sal op droë grond deurgaan in die middel van die see” (Eksodus 14:16). Wonderbaarlik, het God die uitdrukking vier keer gebruik, en vir sy mense gesê, “Julle sal op droë grond deurgaan.”

Ons sien dit weer toe Israel op die punt gestaan het om Kanaän binne te trek. Hulle het oor die Jordaan getrek op droë grond, oppad na die Beloofde Land.

Eenvoudig gestel, droë grond is ‘n pad. En as u op dit is, dan is u êrens heen oppad. U is nie oppad om grond te verloor nie, of oppad agteruit nie; u droë grond is die Here se plan, sy werk in u lewe, sy wonderwerke wat Hy uitvoer. U is oppad na ‘n openbaring, ‘n nuwe oorwinning in Christus, oppad na iets groters.

Die Woord bewys dit. Let op waar Farao en sy weermag die geveg verloor het: op God-gegewe droë grond. Droë grond is die presiese plek waar die duiwel agter u sal aankom. Hy wil u aanval wanneer u op u swakste is. En tog is dit op presies daardie droë grond dat die Here die “strydwa wiele” van Satan se magte en kragte verwyder.

“En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie” (Eksodus 14:28). Eenvoudig gestel, ons vyand is op droë grond verslaan.

God is eintlik besig om te sê: “Ek wil hê dat jy moet leer om in die geloof te beweeg – nie volgens ‘n visie of ‘n stem nie, maar wanneer jy in die middel is van ‘n droë tyd. Ek wil hê dat jy selfvertroue moet hê, dat wanneer jy nie My stem kan hoor of voor jou kan uitsien nie – wanneer jy op droë grond is – dat Ek besig is om jou êrens heen te lei.”

Bowendien, die Here beloof dat uit ons droë plekke, nuwe lewe sal voortspring. Hy sal ons droë grond in strome van lewende waters verander:

“Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die Here, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn ‘n waterplas maak en die dor land waterbronne.

“Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom; die almal; sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die Here dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het” (Jesaja 41:17-20).

Liewe gelowige, is u droog? God sê vir u, “Jy sal binnekort ‘n oes sien. Waar daar eens op ‘n tyd droë grond wat, sal lewe opspring. En ek het dit geskep! Staan stil, en sien wat Ek vir jou sal doen op droë grond.”