DROË SEISOENE

Carter Conlon

Voel dit asof dit ‘n lang tyd is sedert jy van die Here gehoor het? Lyk dit asof Hy stil is terwyl die vervulling van hierdie beloftes waaroor Hy eens met jou gepraat het nêrens in sig is nie? Miskien het jy met volle geloof begin, en God geglo toe Hy vir jou gesê het, “Ek gaan jou verlos. Ek gaan jou lewe gebruik tot my eer.” Toe Hy aanvanklik hierdie beloftes gespreek het, was dit die blydskap van jou hart en die sterkte van jou dae. Maar nou, te midde van God se stilte, wonder jy wat het gebeur met sy woord aan jou.

Wees gerus dat ons almal sulke seisoene in ons wandel met die Here beleef. Selfs een van die psalmiste het gesê, “Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie! Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My. Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou” (Psalm 89:36-38).

Hy het homself herinner aan hierdie woorde uit die mond van God – ‘n ontsaglike belofte gegee aan Koning Dawid aangaande die vestiging van sy troon en die blywende heerskappy wat sou volg. Die psalmis het egter gekla: “Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde. U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond” (89:39-40).

Op daardie dag, terwyl die psalmis na die toestand van die land gekyk het, was Israel se ondergang al wat hy kon sien, so wat het gebeur met die belofte wat God vir Dawid gegee het? Jy mag soms dieselfde voel. Waarom lyk dit of alles in duie stort? Het God sy hand teruggetrek?

Ons mense het ‘n geneigdheid om met net ons natuurlike oë te kyk. Dikwels, sien ons egter ons situasie verkeerd. Tydens daardie seisoene, moet ons leer om sterk te staan. Die dinge wat God oor jou gespreek het, sal vervul word, maar op sy tydrooster, nie joune nie. Sê saam met die Psalmis Dawid vandag, “Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God. My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers” (Psalm 31:14-15).

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.