DORS NA GOD

Jim Cymbala

 

Na ‘n onlangse Dinsdag aand gebedsbyeenkoms by Brooklyn Tabernacle, was ek voorgestel aan ‘n herder wat saam met ‘n klein groepe leiers van sy kerk daar besoek afgelê het. Ek het hom verwelkom en hom gevra waar hy vandaan kom.

“Kentucky,” het hy geantwoord.

“Dit is nogal ver van New York Stad af,” het ek geantwoord. “Hoe lank sal jy hier wees?”

“Ons is vanaand op pad terug. Ek het teen dagbreek vanoggend vertrek net om in die gebedsbyeenkoms te wees.”

Ek was geskok. “Regtig? Al die pad net vir een diens?”

“Broer, ek dors na God,” het hy in alle erns gesê. “Ek kan nie meer so aangaan nie. Ek is uitgeput en uitgebrand. Ek is desperaat vir iets van God se Gees.”

MOENIE OPGEE NIE

Terwyl die pastor gepraat het, kon ek nie anders as om te dink aan Dawid se pleidooi nie:

“O God, U is my God, U soek ek: my siel dors na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water” (Psalm 63:1).

Het jy al ooit uitgedroog en afgetakel gevoel in jou Christelike lewe? Wanneer dit gebeur, gaan die meeste van ons net voort totdat ons die punt van geestelike uitputting bereik. Sommige mense gee moed op en speel skynheilig en maak asof hulle iemand is wat hulle nie is nie.

DAAR IS VERKWIKKING

Daar is ‘n ou gesegde wat heeltemal waar is:

“As jy rondhardloop, word jy afgetakel, en dan wil jy weghardloop.”

Maar daar is ‘n genesing vir daardie droë tydperke waarin ons te veel rondgehardloop het. Dit word gevind in wat die apostel Petrus “tye van verkwikking” noem en vanuit die teenwoordigheid van die Here af kom (Handelinge 3:19).

 

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongemaklike deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.