DOEN DIT EN JY SAL LEEF!

Gary Wilkerson

Baie mense is gefrustreerd want, hoewel hulle baie kennis van God se Woord het, het hulle min lewenservaring van die uitleef daarvan. God wil hê dat ons dit wat ons weet, verbind aan hoe ons leef.

In die Ou Testament en selfs in Jesus se tyd, was ‘n intense studie van die Woord van God ‘n integrale deel van die Joodse lewe. ‘n Hebreeuse kind het met skool begin as hy ses jaar oud was en sy opleiding afgeskop met hierdie vers: “Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE” (Deuteronómium 6:4). Dan, tussen die ouderdomme van ses tot nege, sou hy die Tora, die eerste vyf boeke van die Bybel – Génesis, Exodus, Levitikus, Númeri en Deuteronómium – bestudeer. Sommiges geskiedkundiges sê vir ons dat die meer briljante die kinders die hele Tora gememoriseer het. Verstommend!

“Smaak en sien dat die HERE goed is” (Psalm 34:8). Die Rabbi sou werklikwaar heuning op die swartbord in die klas smeer, en die kinders dit laat proe. Soos die heuning van die bord afgevee word, sou die letters van die les verskyn. Wat ‘n heerlike manier om jou opleiding te begin. Soos die kinders gevorder het in hulle skoling, het hulle die wonderlike Joodse eienskappe van hoe om met mekaar te debatteer ontwikkel – en geleer hoe om te redeneer.

In Jesus se tyd, “het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het  deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?” (Lukas 10:25). Die briljante jong skolier was waarskynlik bly om met die Meester te kon redeneer, toe Jesus antwoord: “Wat is in die wet geskrywe?” (10:26). Die jongman het geantwoord, “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself” (10:27). Jesus het vir hom in vers 28 gesê, “Doen dit, en jy sal lewe” – en ‘n oproep tot aksie uitgestuur!

Jesus het toe die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel en daarmee ‘n uitdaging aan die jong wetgeleerde gegee, en sy wêreld onderstebo gekeer. Hy het dit duidelik gemaak dat dit nie goed genoeg was om die Woord te memoriseer of te beredeneer nie, maar hy moes daarop handel.

Die oproep van Jesus gaan baie verder as om sy woorde te hoor en te memoriseer; ons moet dit prakties toepas.