DIEN JESUS SONDER VREES

David Wilkerson (1931-2011)

“Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het...dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe” (Lukas 1:68, 74-75).

Twee wonderlike genades word ingebed in hierdie belofte van God: eerstens, ‘n Verlosser sou kom wat ons sou verlos van ons vyande. Tweedens, die Saligmaker sou ons in staat stel om Hom sonder vrees te dien, in heiligheid en geregtigheid al die dae van ons lewe. Hierdie beloftes was vervul in Jesus se oorwinning aan die kruis, waar die Here alle owerhede en magte van duisternis verslaan het, en sy voet op Satan se kop neergesit en dit verpletter het.

Christus het vir ons voorsiening gemaak om al ons dae sonder vrees te leef. “Die volmaakte liefde dryf die vrees buite ... en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie” (1 Johannes 4:18). Johannes praat nie van onwrikbare liefde nie, of selfs volwasse liefde in ‘n Christen nie. Dit is nie waar volmaakte liefde begin vir ware gelowiges nie. Volgens Johannes, is die eerste betekenis van volmaakte liefde, onvoorwaardelike liefde vir ons broers en susters in Christus. “As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword” (4:12).

As jy geïnteresseerd is om ‘n lewe sonder vrees te leef, sê Johannes, is daar ‘n manier om daar te kom. Trouens, daar is ‘n volmaakte liefde wat alle vrees uitdryf, en hier is die eerste stap wat ons moet neem: “Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê” (4:11).

Ander liefhê is iets wat ons beveel word om te doen. Johannes sê in die voorafgaande hoofstuk, “En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het” (3:23).

Om ander lief te hê, is méér as vergifnis, baie meer. Dit beteken om gemeenskap te bied, ander hoog te ag, en onsself vir hulle beskikbaar te stel in hulle tyd van nood. Volgens Johannes, wanneer ons liefde in lyn is met God se Woord – wanneer ons sy liefde vir ons omhels, en ons mekaar onvoorwaardelik liefhet – slegs dan sal ons leef sonder vrees.