DIE WOORD VAN DIE HERE HET GEKOM

David Wilkerson

 

As jou pastoor se preke gesalf is, sal dit lewe in jou produseer. Die verkondiging van God se Woord sal altyd sy heiliges bemoedig. Net so sal gesamentlike aanbidding jou vir ‘n tydperk optel. Maar hoe vinning vergeet ons nie daardie bemoediging nadat ‘n Sondagdiens verby is nie. As Maandag en Dinsdag verbygaan en die nuus verander na sleg, sal ons dikwels terugval na toevalle van angs en vrees.

GODDELIKE RAAD

In normale tye, is ek in staat om raad van my goddelike vrou, Gwen te kry. Sy is altyd daar om vir my ‘n goeie woord te gee – net wat ek nodig het. Ek voel oor haar soos wat Dawid gevoel het toe hy vir Abigail, die vrou van Nabal gesê het: “Kyk, ek het na jou geluister en jou in guns aangeneem” (1 Samuel 25:35). Maar dinge kan anders wees in ramspoedige tye. As ons geloof bedreig word – wanneer ons lewens inderdaad bedreig word – kan die raad van gades, herders en wyse vriende ons net só ver bring.

Vandag leef ons in skrikwekkend tye en in der waarheid kan slegs ‘n persoonlike woord van die Here ons deur sulke tye lei met die blywende hoop wat ons nodig het. Dwarsdeur die geskiedenis, was God altyd getrou om ‘n woord vir Sy mense te bring.

HY SPREEK STEEDS VANDAG

In die Ou Testament lees ons hierdie frase oor en oor: “Die woord van die Here het gekom.”

  • Die Skrif sê van Abraham: “Ná hierdie dinge het die woord van die Here tot Abraham gekom” (Génesis 15:1).
  • Ons lees van Josua: “Volgens die woord van die Here wat Hy Josua beveel het” (Josua 8:27).

En so was dit met Dawid en ook die profete. Vir God se mense vandag, het ons die inwonende Heilige Gees om ‘n woord uit die hemel met ons te spreek. Deur Hom is die vertroostende, genesende, leidende woord van die Here beskikbaar vir almal wat vertrou.