DIE WONDERWERK IN MY FAMILIE

Nicky Cruz

Ek wens jy kan die wonderwerk beleef wat ons familie beleef het. Ek wens jy kon die verskil beleef tussen hoe ons nou leef en hoe ons geleef het gedurende die dae van my jeug. Vandag het ek my broers en susters lief met ‘n passie. Daar is niks wat ek eerder sal doen as om te sit en met my familie te lag, te gesels en te huil nie.

KLEIN NICKY, GROOT NICKY

Die kere wat ek kans kry om terug te reis na Puerto Rico en gaan kuier, is van my kosbaarste herinneringe. Wanneer ek huistoe gaan, is ek nie meer Nicky Cruz die evangelis of spreker nie. Vir my ouer broers is ek “klein Nicky” en vir my jongeres “groot Nicky” – net een van die familie.

Maar ons was nie altyd so gelukkig, sorgeloos en liefdevol nie. In my familie is daar baie pyn in ons verlede, maar nie een van ons koester gevoelens van verwerping nie. Toe Jesus in ons lewens ingekom het, het Hy saam met Hom ‘n ontploffing van liefde, barmhartigheid en vergifnis gebring. Niemand hou ‘n wrok nie. Ons het niks anders as liefde in ons harte vir mekaar nie. Ons mors nie tyd met verwyte nie; ons jubel net in die Jesus wat ons vandag ken – in die toekoms wat Hy vir ons almal bring.

DIE PYN UITWIS

Jesus kan vir die mens se hart doen wat niemand anders kan doen nie. Wanneer Hy in jou hart kom leef, doen Hy meer as om jou te vergewe, Hy laat bonatuurlike saadjies van vergifnis agter wat nie net die sonde uitwis nie, maar ook die pyn wat daardie sonde teweeggebring het. Hierdie saad kan nie net jou hart genees nie, maar ook jou verhoudings herstel. Dit kan versprei na al die pyn van ons verlede en dit ongedaan maak.

Ek kan Jesus nooit genoeg dank vir wat Hy vir ons familie gedoen het nie. Vir die vergifnis en barmhartigheid en genade wat Hy gebring het om ons weer bymekaar uit te bring.

En Hy kan dieselfde vir enigeen doen. Vir enige familie. Selfs vir joune, as dit is wat jy nodig het!

 

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson n later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run