DIE WEG NA OORWINNING

David Wilkerson

Wat is die weg na oorwinning vir God se mense?

Eerstens, delf in God se Woord in, vind en neem jou eie spesiale belofte, neem dit na jou binnekamer van gebed toe en hou God daarby. Ek het gunsteling beloftes vanuit die Bybel wat ek voorhou aan God wanneer ook al ek uitroep na Hom.

“Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?” (Matthëús 7: 9-11).

Vra die Here vir goeie dinge. Hy wag om dit vir jou te gee! Vra Hom om al jou skande weg te neem en om die klad van sonde te verwyder. Hy sien uit daarna om dit vir jou te doen.

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid” (Efésiërs 3: 20-21).

Neem hierdie belofte daagliks na God toe, en sê, “Vader, U het gesê U sal meer doen as waarvoor ek vandag vra, so vandag vra ek dat U my gebed in oorvloed sal verhoor.” God het ‘n behae in so ‘n geloof.

Tweedens, vertrou die Heilige Gees, wie in jou woon. God het nie nodig om ‘n engel te stuur om met jou te praat nie; jy het alreeds Sy hulpbronne binne-in jou – die Heilige Gees self! Erken Sy teenwoordigheid en sê vir Hom, “Heilige Gees, U ken die weg uit hierdie gemors uit en ek nie. Ek gee U nóú die reg om my lewe te bestuur. U ken die ware gedagtes van God.”

Geliefde, as jy hierdie eenvoudige belydenis doen, dan sal jy tye van verkwikking van die Here af beleef. Selfs wanneer jy gereed is om op te gee, bly Hy getrou om jou te verlos.