DIE WARE BRON VAN ONS KRAG

Carter Conlon

Toe Satan afgekom het na die tuin van Eden van Eden, het hy gekom met ‘n haat vir God wat elke keer geopenbaar was as hy probeer het om dit wat die naaste aan die hart van die Here is, te vernietig: die mensdom. Die duiwel het op die ou end ‘n gedagte in die menslike ras gesaai wat die mens sou lei tot selfvernietiging – die idee dat ons op ons eie soos God kan word.

Nadat Satan Adam en Eva versoek het, het God vir hom gesê, “Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt” (Génesis 3:14-15).

Dit is die eerste keer in die Bybel dat ons die verlossingsplan van God sien. Dit is duidelik God was nie onkant gevang in die Tuin van Eden nie. Hy het geweet dat die mensdom wat in Sy beeld geskape is, uiteindelik sou faal, en dan verlos sou moes word. Daarom het God in wese vir Satan gesê, “Sodat jy jouself nie verhef nie, weet dat Ek ‘n plan het. Jy gaan lewe om hulle wat in my beeld geskep is, te oorwin en te verslind al die dae van jou lewe. Ek sal ‘n daad van teenstand tussen jou en die vrou oprig – maar van die saad van ‘n vrou sal ek die Een oprig wat jou aktief sal teëstaan en verslaan.”

Die Een van die saad van die vrou was Christus. En soos ons die storie ken vandag, sou Jesus uit die dood opstaan en trap op die duiwel se verbeelding dat hy die reg het om diegene wat in die beeld van God geskep is te vang, nie net vir ‘n tyd nie maar tot in ewigheid.

Dit is lewensbelangrik om te onthou dat ons krag oor die duiwel het – en die ware bron van ons krag is in gebed. Dit was altyd en dit sal altyd wees.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.