DIE WÊRELD HOU DOP

Nicky Cruz

Paulus het vir die Korinthiërs gesê, “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van volmaaktheid is” (Kolossense 3:12-14).

Daar is ‘n rede waarom ons geroep is om te lewe soos Christus gelewe het. Omdat die wêreld na ons lewens sal kyk, na die manier waarop ons lewe, na die dinge wat ons sê en doen, en daardie beelde op Jesus reflekteer. Hulle sal Hom sien soos wat hulle ons sien. Niks bring groter skande oor die saak van Christus nie as mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Hom ken, maar in woede, veroordeling en arrogansie lewe. Mense wat in sonde en skynheiligheid lewe in die kerk.

En die teenoorgestelde is oor waar. Niks bring groter eer aan Christus as mense wat ‘n lewenstyl uitstraal van liefde, deernis en goedheid nie. Mense wat ander sien soos Jesus hulle sien en ander mense behandel op die manier waarop Jesus hulle sou behandel. Mense wat lewe soos Christus sou lewe.

Elke dag moet ek en jy daardie keuse maak. Dit is reeds ‘n gegewe dat ons optredes op Jesus sal reflekteer, maar wat ons weerspieël is ‘n besluit wat ons moet maak. ‘n Besluit wat ons dag na dag, uur na uur, minuut na minuut maak. Sal ons kies om met genade, goedheid en barmhartigheid te lewe? Sal ons vergifnis bo vergelding kies? Of sal ons met bitterheid en skynheiligheid lewe?

Wat ons besluit, maak ‘n groot verskil oor hoe die wêreld sal reageer op God se boodskap van hoop en verlossing. Ons kan seker wees die wêreld hou ons dop – so kies wys!

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.