DIE VYAND TROMP-OP LOOP

Nicky Cruz

In een van Koning Dawid se mees aangehaalde, maar tog misverstaande psalms, sê hy, “Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my” (Psalm 23:4). Ek dink nie Dawid het God hier gevra om hierdie onheil weg te neem nie; hy het gevra om na die stryd voortgestu te word, om gedwing te word om die vyand tromp-op te loop. Hy was gereed om oorlog toe te gaan teen Satan en nie vir hom weg te kruip nie!

Toe die apostel Paulus sy broers in die geloof geïnspireer het om hulle doel as Christene en hulle beloning in die hemel te onthou, het hy vir hulle gesê, “bemoedig mekaar met hierdie woorde” (1 Thessalonicense 4:18). In wese het hy gesê, “Moedig mekaar aan in ons stryd teen die bose.”

En toe Jesus Sy dissipels belowe het dat die Trooster na Sy dood sou kom, was dit ‘n oorlogsverklaring. Die Heilige Gees wou hulle beide inspireer en bemagtig vir die geestelike oorlogvoering in die voorste linies. Dit is ‘n dimensie van God se Gees wat baie werklik is, maar selde verstaan en omhels word.

As jy God se Gees in volle heerlikheid wil sien werk op aarde, gaan na die voorste linies van die oorlog waar die stryd tussen goed en kwaad – die stryd vir mense se siele – met intensiteit geveg word. As jy wil Satan se toorn wil voel, bring tyd deur op sy turf en praat met die mense wat hy in slawerny hou en vertel vir hulle van Jesus. Kyk hoe hy sy lelike kop uitsteek om jou te probeer intimideer en bespot.

Niks maak Satan kwater of meer senuagtig as een van God se kinders wat die flitslig van genade in die bedompige duisternis van sy kerker inskyn nie. Dit is wanneer hy die hardste baklei en wanneer ons die Heilige Gees die magtigste sien skyn.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.