DIE VYAND AAN ALLE KANTE

David Wilkerson (1931-2011)

Satan mislei talle in Christus se Liggaam en veroorsaak wanhoop en verwarring, en hy word nie teëgestaan in God se huis nie. Waarom is dit so? Vandag fokus te veel preke daarop om die behoeftes van mense aan te spreek as om ‘n seëvierende lewe in Christus te lewe. Predikers verkondig hoe-om planne om net deur te kom en verwaarloos heeltemal die hemelse posisie wat aan ons gegee is in Christus. Hierdie wêreld was inderdaad nog altyd in die moeilikheid, wat beteken God se kinders het nog altyd ‘n vyand gehad wat van alle kante af kom. Die omstandighede verander, maar die duiwel bly dieselfde.

Die Liggaam van Christus het ‘n “groot ontwaking” nodig ... ‘n openbaring en verligting. Paulus praat hiervan: “Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte” (Efésiërs 1:17-19).

Paulus het vir die Efésiërs gesê, “Ek bid at God vir jou ‘n vars openbaring gee en jou oë oopmaak vir die roeping wat Hy vir jou gegee het. En ek vra ook vir Hom om vir jou nuwe begrip te gee van jou erfenis, die rykdom in Christus wat aan jou behoort. God wil ‘n magtige krag in jou vrystel – dieselfde krag wat in Jesus was.”

Volgens Paulus is, “Die werking van die krag van sy sterkte wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele” dieselfde as “die uitnemende grootheid van sy krag” (sien Efésiërs 1:19-20).

Geliefde, hierdie krag-lewe is nie ‘n fantasie of een of ander teologiese illusie nie. Dit is ‘n voorsiening moontlik gemaak vir ons deur die kruis van Christus, en jou persoonlike “ontwaking” kom die dag waarop jy na jou lewe kyk, opkyk na Hom, en uitroep, “Jesus, ek aanvaar wat U vir my gedoen het en ek eis my plek in U op.”