DIE VUUR KON HULLE NIE SKADE DOEN NIE

David Wilkerson

Sadrag, Mesag en Abednego, word dikwels na verwys as, “die drie Hebreeuse kinders,” wat geweier het om in aanbidding voor Nebukadnesar se negentig voet beeld van goud te kniel. Hulle het vasberade bly staan selfs toe hulle veroordeel is om in die gloeiende oond te sterf. Terwyl die goddelose koning hulle uitgetart het, “en watter god sal julle uit my mag kan red?” (Daniël 3:15), het die jong manne hulle Here verbind aan Sy beloftes.

 “Ons hoef u nie hierop te antwoord nie [Ons huiwer nie in ons reaksie nie]. Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond. . . . Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie” (3:16–18).

TOTALE VERTROUE IN GOD

Hierdie jong manne was so vol vertroue dat God Sy Naam sou verheerlik, dat hulle gewillig die dood in die gesig gestaar het. 

Prominente leiers van dwarsoor die land het bymekaargekom vir die teregstelling: prinse, goewerneurs, regters en leiers van aangrensende provinsies. En Nebukadnesar het beveel dat die vuur sewe maal warmer gemaak moes word as gewoonlik, ‘n hitte so warm dat dit die diensknegte wat na die vuur moes omsien, gedood het.

Die skares was ontsteld en het uitgeroep, “Hierdie manne kan nie oorleef nie! Hulle sal dood neerslaan voordat hulle nog naby die oond kom. Geen god kan iemand van so ‘n lot verlos nie.”

UIT DIE VUUR UIT LOOP

Weereens was die Here se naam op die spel. As Hy nie sou ingryp nie, sou Sy naam deur alle nasies onteer word.  

Maar die Here laat hulle wat op Hom vertrou nooit beskaamd staan nie! Die Skrif sê, Jesus self het in die oond verskyn om sy dienaars te beskerm en te troos. En die manne het uit die vuur uitgeloop sonder ‘n sweempie rook op hulle.