DIE VRUG VAN DIE VADER SE LIEFDE

David Wilkerson (1931-2011)

Die liefde van God word net aan ons oorgedra deur Jesus Christus. Volgens Johannes, is al God se liefde in Jesus. Hy skryf: “Uit sy volheid het ons almal ontvang” (Johannes 1:16). Jy mag vra, “Waarom is dit so belangrik om te weet dat God se liefde net deur Christus aan ons oorgedra word? Hoe raak dit ons alledaagse lewens?”

Hierdie kennis is meer as net ‘n Bybelse begrip. Die wete dat God se liefde aan ons oorgedra word deur Jesus, het alles te doen met hoe ons onsself in sy liefde bewaar. Jy sien, dit is nie vir my genoeg om te weet dat God my altyd sal liefhê en nooit sal ophou om my lief te hê deur al my worstelinge heen nie. Hy wil ook hê dat sy liefde ‘n sekere effek op my sal hê.

So, presies hoe beïnvloed God se liefde ons lewens? Ons kan nie na die mens se voorbeeld kyk nie. Daar is losbandige Christene wat die openbaring van God se liefde sou verander in ‘n lisensie om te sondig. Hulle oortuig hulleself: “God het my onvoorwaardelik lief. Hy moet aanhou om my lief te hê ten spyte van my drinkery, owerspel en plesier-soekery. Sy Genade is groter as my sonde.” Sulke mense doen God se liefde oneer aan.

Ons moet na Christus as ons voorbeeld kyk. Jesus het alreeds gesê dat die Vader ons net so liefhet soos Hy sy Seun liefhet. So, watter impak het die Vader se liefde op Jesus gehad? Die vrug van die Vader se liefde was daarin dat Jesus sy liggaam as ‘n lewende offer vir ander gegee het.

Johannes skryf, “Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het” (1 Johannes 3:16). Dit was die vrug van God se liefde in Jesus: Hy het homself as ‘n offer vir ander gegee. Die tweede helfte van hierdie vers openbaar vir ons die doel van God se liefde in ons eie lewens. Dit lees, “En ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê” (1 Johannes 3:16). God se liefde lei ons ook om ons liggame as lewende offers aan te bied.