DIE VRUG VAN ‘N GELOOF GESENTREER IN GOD SE GOEDHEID

Gary Wilkerson

Vandag definieer baie herders God se guns as besittings, posisies en aanwinste – beter huise, karre en werke, ‘n gelukkiger familie en ‘n groeiende inkomste. Ek glo wel God seën sy mense op hierdie manier, maar ons doen onsself te kort as ons leef vir enigiets minder as sy heel beste guns.

Almal ken die Bybelse konsep van ‘n beloofde land – verlossing van slawerny en die blydskap van ‘n geseënde lewe. Die oorspronklike Beloofde Land was ‘n gawe wat God vir antieke Israel gegee het – ‘n letterlike plek genaamd Kanaän, ‘n vrugbare land wat oorgeloop het van bonormale grootte vrugte en vloeiende riviere. 

Dit was die land van hul drome vir die Israeliete wat afgetakel en verban was vir geslagte lank. Toe hulle egter by Kanaän se grens aangekom het, het God ‘n ongewone stelling teenoor Moses gemaak: “Gaan heen...na ‘n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou mi dde nie optrek nie, omdat jy ‘n hardnekkige volk is” (Exodus 33:3).

God se woorde aan sy volk mag dalk skokkend hard klink, maar in konteks, sien ons God het Israel bevry van 400 jaar se slawerny in Egipte en nou, op die vooraand van hulle intog in die Beloofde Land, het God gesê Hy sou nie saam met hulle gaan nie, want selfs ná al die bonatuurlike dinge wat Hy vir hulle gedoen het, het hulle steeds elke keer gekla as hulle nuwe probleme beleef het. Dit is jammer dat hulle belewenisse en die wonderwerke wat God vir hulle verrig het, nooit in geloof oorgegaan het nie.

Maar Moses se geloof was anders! Hy het die goedheid van God geken, soos dit gedemonstreer was in al sy bonatuurlike werke vir Israel. Trouens, die Here se guns jeens sy mense het oneindig gelyk en Moses het hom verwonder aan die karakter van God wat in sy barmhartigheid al hierdie dinge om hulle onthalwe gedoen het. Sy houding was, “Here, as U nie daar wil wees nie, sal ek nie gaan nie.”

Moses het verstaan dat wat baie belangriker was om seën te ontvang, was om die teenwoordigheid te beleef van die deernisvolle, liefdevolle God wat dit geskenk het. Hy het verlang om God se heerlikheid te sien – “Laat my tog u heerlikheid sien” (Exodus 33:18) – en ek bid dat jy vandag dieselfde verlange sal hê.