DIE VOORWERP VAN GOD SE LIEFDE

David Wilkerson (1931-2011)

Wanneer ‘n man (of vrou) van God gevorm word, sal die vyandige magte met groot woede teen hom kom.

Drink jy ‘n bitter beker van lyding en verduur jy vreesaanjaende uur van isolasie en verwarring? Indien wel, dring ek by jou aan om ‘n stand met geloof in te neem: “Want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe” (2 Timótheüs 1:12).

Jou siel is dalk nie met blydskap en vrede vervul word op hierdie oomblik nie. Trouens, kan dalk steeds onrus in jou siel hê. As dít die geval is, bly stewig gewortel in sy Woord en hou op om jou weg deur dit alles te probeer dink.

Ek kan jou verseker dat God nie van jou vergeet het nie. Hy vang elke traan wat jy stort op. Een oggend, nadat ek hierdie preek gelewer het, is ek genader deur ‘n dierbare suster in Christus. Sy het vir my vertel, “Pastoor, toe ek vanoggend na hierdie kerk toe gekom het, was ek gelukkig en onbesorg. Maar toe jy begin praat het van die lydingsbeker, het ek diep binne-in my geween. Ek het besef dit was net ‘n front. My man het my verlaat en my kinders is ontsteld. Ek bedek dit om my hartseer weg te steek. Maar in werklikheid, is my siel vol smart.” Ek het op daardie oomblik saam met haar gebid en God gevra om haar geloof in Hom sterk te maak. Sy het waarlik bemoedig weggegaan, want sy het geweet in Wie sy geglo het.

Dierbare heilige, te midde van jou stryd, maak Jesus die vreugde en hoop van jou lewe. “Saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuitg” (Psalm 30:6).

God doen sy beste werk in ons tydens moeilike tye. Laat Hom jou hart verander, sodat jou omstandighede jou nie langer oorweldig nie. Dan sal jy, al kom wat ook al, bo jou omstandighede uitstyg en saam met Hom in hemelse plekke sit. Jy is die voorwerp van Sy ontsaglike liefde!