DIE VOORBEELD VAN DIE KERK

David Wilkerson

Huidiglik het die wêreld ‘n lewende voorbeeld nodig van die barmhartigheid van Christus. Spanning was nog nooit erger nie. In Europa en die Verenigde State, versprei rassespanning dwarsdeur die samelewing, selfs in kerke.

Moenie nie mislei word om te dink dat ‘n regering enige van hierdie probleme kan hanteer nie. Die duur barmhartigheid wat dwarsdeur die wêreld nodig is, kan slegs kom van diegene wat sulke barmhartigheid self gesmaak en ontvang het. En dit is die roeping van die Kerk van Jesus Christus. Ons moet ‘n barmhartigheid bied wat die self neerlê ter wille van ‘n broer of suster – en soos Jesus gedemonstreer het, selfs vir ‘n vyand.

STOP EN KONFRONTEER

Ek vermaan jou om net hier te stop en hierdie waarheid te konfronteer. Moenie verder gaan met jou lewe of bediening nie – staak al jou planne en goeie werke – totdat jy die implikasies van om ‘n lid van Christus se Liggaam te wees, konfronteer, “Dit is My pêrel van groot waarde, die Bruid van My Seun.” Dink aan wat ‘n wonderwerk dit is! Dink ook aan die geweldige roeping van sy Liggaam om barmhartigheid te toon aan ‘n genadelose wêreld.

Eenvoudig gestel, barmhartigheid kyk verder as foute en mislukkings, verder as selfregverdiging. As ons waarlik glo ons maak Christus persoonlik seer as ons ‘n broer of ‘n suster seermaak – dit wat ons sê en doen teen ‘n enkele lid van Sy Liggaam, soos Jesus sê, “teen My” is (sien Lukas 11:23) – sou ons dag en nag werk om alles reg te stel. En ons sou nie ophou totdat ons van alles vrygespreek is nie.