DIE VOLHEID VAN BLYDSKAP KEN

David Wilkerson (1931-2011)

Die Woord van God openbaar aan ons hoe God ons verlos van die najaag van sonde in ons lewens.

“Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is” (2 Peter 1:3-4).

Wat ‘n wonderlike, bevrydende waarheid! God kom na ons in ons misleide, gebonde toestand met kragtige beloftes van volle en algehele verlossing. Hy sê, “Ek belowe om jou te verlos en jou van sonde te bewaar en Ek sal jou ‘n hart gee om My te gehoorsaam. Laat my beloftes nou van jou besit neem!” 

Ons word uit ons sonde uitgelei soos ons besit neem van God se beloftes. Dink vir ‘n oomblik daaraan. Petrus sê dat die gelowiges wat hy geadresseer het in hierdie sendbrief, “die verdorwenheid wat in die wêreld is, ontvlug het.” Hierdie Christene het van sonde ontvlug, want daar was goddelike krag aan hulle gegee – lewe en goddelikheid – deur hulle geloof in sy beloftes!

Geliefde, jou Vader wil hê jy moet die volheid van die blydskap in Christus ken. Laat die Heilige Gees toe om in die dieptes van jou wese in te dring en alles te verwyder wat nie soos Christus is nie. Dan sal daardie blydskap uitbreek!

Bid op nou hierdie oomblik tot die Here: “O, Vader, ek stem met U saam oor my sonde. Die stank van my kompromie het die hemel bereik en ek weet dit moet dadelik wyk! Ek ontvang U liefdevolle, goddelike ultimatum en ek lê alles voor U neer. Steek alles binne-in my aan die brand wat goddeloos is en laat u beloftes besit neem van my hart.”