Die Verhoog van Ons Harte Ontruim

Gary Wilkerson

Die boek Openbaring gee vir ons kragtige toonbeelde van engele wat in God se teenwoordigheid aanbid. Hulle bedek hulle aangesigte terwyl hulle voor Hom neerval en uitroep, “Heilig, heilig, heilig is die Here God Almagtige, wat was en wat is en wat kom!” (Openbaring 4:8) Hierdie magtige wesens ontruim die verhoog in die hemel vir die Een wat hoog, verhewe en regmatig verhef word as die Naam bo alle name.

Die uitbeelding van aanbidding openbaar dat God se teenwoordigheid bedoel is om lig vir ons oë te gee. Dit wys vir ons die verskil tussen die koring en die kaf in ons lewens. Dit is waarom God se Woord ‘n smeltersvuur genoem word: dit reinig (sien Maleági 3:2). Dit word ook ‘n swaard genoem, ‘n instrument wat deurboor en sny (sien Hebreërs 4:12). Hierdie gereedskap word gebruik om dinge te skei en dit skei die rein van die onrein.

Per definisie is hierdie dinge nie aangename dinge nie; trouens dit is ongemaklik en van nature weerstaan ons dit. Ons soek gemak en plesier in ons lewe, ons werk, ons strewes, ons huis. Soos die Bybel dit stel, is ons harte geneig om uit te roep, “Spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry” (Jesaja 30:10). En die materialistiese wêreld is altyd gereed om ons behoeftes te bevredig.

Die Bybel waarsku oor die gevaar daarvan om slegs boodskappe te soek wat vertroos in plaas van boodskappe wat uitdaag. Die Israeliete was lief daarvoor om hulle afgode te kon toelaat en hulle nie prys te gee nie. En die gevolg? Hulle het hulle onderskeiding verloor.

God se eerste gebod is, “Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie” (Exodus 20:3). Dit beteken nie dat ons God voorkeur moet gee bo ander dinge nie. Die woord “voor” in hierdie vers beteken in werklikheid “in my teenwoordigheid.” God sê in wese, “Moenie enige gode in my teenwoordigheid inbring nie: jou afgode van plesier, jou ambisie, jou menslike vermoëns. Ek sal nie daarin woon nie.” God roep ons om die verhoog te ontruim, sodat Christus weereens sentraal kan wees.

Te veel mense word van ware aanbidding af weggelok deur ‘n gees wat nie God s’n is nie. Die fokus het stadig en subtiel verskuif van Christus en sy kruis af na dinge van die vlees: “Ék hef my hande op; Ék besing U lof; Ék verheerlik U Naam.” Maak seker dat wanneer jy God aanbid, jy werklik die Naam van Jesus verheerlik en verhoog. “Heilig, heilig, heilig, Here – Voorwaar, U is in hierdie plek.”

Tags