DIE VERGEWENDE NATUUR VAN GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Met tye het Dawid ernstig gely onder die Here se bestraffende roede. Hy was bang die Here het hom heeltemal verlaat weens sy sonde, ‘n gedagte wat hy nie kon verdra nie en hy het by die Here gepleit, “Laat die waterstroom nie oor my loop nie en die diepte my nie verslind nie” (Psalm 69:16). Hy het in wese gesê, “Here, moet asseblief my nie so ver laat afgaan dat ek nie kan uitkom nie!”

In Dawid se desperaatheid, het sy gebed intens geword. Ons lees op baie geleenthede waar hulle met angs uitgeroep het tot God: “Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! Here, hoor my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge” (Psalm 130:1-2).

Vir baie gelowiges, beteken dit om te sink tot op die bodem die einde. Hulle word so oorweldig deur hulle mislukkings, dat hulle ‘n gevoel van minderwaardigheid ontwikkel, en met verloop van tyd, voel hulle so vasgevang, dat hulle nie meer gehelp kan word nie. Jesaja skryf van sulke gelowiges, “Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetroosde” (Jesaja 54:11).

Sommiges word uiteindelik kwaad vir God omdat hulle dink Hy tree nie vinnig genoeg op nie. “Here, waar was U toe ek U nodig gehad het? Ek het tot U geroep maar U het nooit geantwoord nie. Ek is moeg om te te wag sonder om enige verandering te sien!” Talle sulke gelowiges gee eenvoudig moed op om te probeer en gee hulleself oor aan hulle sonde. Ander verval in ‘n geestelike onverskilligheid, oortuig dat God nie meer omgee vir hulle nie: “Die HERE het my verlaat, en die HERE het my vergeet” (Jesaja 49:14)

Dawid was uit die dieptes opgelig deur die vergewende natuur van God te onthou. Na al sy geween en geroep na die Here, het Dawid op die ou end getuig, “Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word” (Psalm 130:4). Die Heilige Gees het begin om sy siel te oorstroom met herinneringe van God se barmhartighede en die Vader se vergewende, vrysprekende natuur.

Deur in die vrees van die Here te lewe, stel dit ons in staat om te kan sê, “Ek weet my Vader het my lief en sal my nooit verlaat nie. Hy is altyd gereed om my te vergewe wanneer ek ook al na Hom roep.”