DIE UITSTORT VAN DIE HART

David Wilkerson

Die volgende woord, wat vir my gegee is deur die Heilige Gees, is vir diegene wie ‘n antwoord op gebed nodig het, wie hulp in tyd van nood nodig het, en wie gereed en gewillig is om God se hart te beweeg volgens Sy Woord.

Neem besit van die verbondsbelofte in Psalm 46:2: “God is vir ons ‘n toevlug en ‘n sterkte; as hulp in benoudheid is Hy in hoë mate beproef.”

Die frase in hoë mate beproef beteken “altyd beskikbaar, onmiddellik toeganklik.” Geloof moet rus in die versekering dat God se Gees in ons woon te alle ure van die dag en nag, voortdurend. En omdat Hy woning by ons kom maak het, luister Hy na elke biddende gedagte en hulpgeroep. Ons kan seker wees dat as Hy ons hoor, sal Hy ons smekinge toestaan. Die Heilige Gees sal inderdaad die hemel en aarde beweeg vir enige kind van God wat tyd neem om sy hart voor die Vader uit te stort.

Lees en glo Psalm 62:6-8. Dit is die gebed van Dawid wat God se hart aangeraak het. Dawid het in wese gesê, “Wag slegs op God! Verwag hulp van geen ander bron af nie. Hy alleen moet jou voorsiening, jou enigste hoop en beskerming wees. Slegs Hy kan jou voorsien met die krag om voort te gaan totdat jou antwoord kom.”

Dit is die kern van dit alles, die geheim tot seëvierende gebed dat wat elke heilige dwarsdeur die geskiedenis geleer het: die uitstort van die hart voor die Here. “Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons” (Psalm 62:9). Hanna is ons voorbeeld hiervan. Desperaat vir ‘n kind, het sy haar siel “uitgestort” voor die Here (sien 1 Samuel 1:15). En die Skrif sê, “Haar gesig was anders” (1:18).