Die Torings Het Geval - Maar Ons Het Die Boodskap Gemis!

Op Dinsdag, 11 September 2001, is die Twee Toring Wêreld Handel Sentrum in New York, vernietig. Vyf dae later, terwyl ek hierdie boodskap voorberei het, het ek deur die venster van my studeerkamer op die 30ste vloer van ons woonstel gekyk. Groot wolk kolomme het steeds uit die rüines geborrel. Dit het uit die puin opgestyg en oor die Hudson Rivier gedryf, bo oor die Standbeeld van Vryheid.

Die Volgende Sondag, net voor ek hierdie boodskap by "Times Square Kerk" gepreek het, het ek gehuil as gevolg van die gesig van totale verwoesting. Ek het by God gepleit vir genade; genade vir die treurende families wat geliefdes verloor het. Genade vir die werkers wat nog steeds in die puin grou, hopend om nog oorlewendes te vind en dan net liggame en liggaamsdele vind. Genade vir al die polisiebeamptes, brandweermanne en vrywilligers wat openlik gehuil het oor die onbeskryflike grVSAme tonele wat hulle aanskou het.

Ons kerk was toegelaat om `n noodlenigingstent op te rig op grondvlak by die ramptoneel. Kerkleiers en vrywilligers van ons kerk het 24 uur aanmekaar gewerk om die honger werkers te voed en te bemoedig.

Ses weke voor die ramp het die Heilige Gees ons pastorale personeel gewaarsku dat daar `n katastrofe aan die kom was. Ons het verskeie groot projekte vir die weke vorentoe beplan, insluitende ons Missie Konferensie en Jeug Konvensie. Maar God se Gees het ons inspireer om dit alles te kanselleer. In plaas daarvan het ons gevoel dat ons, ons hele gemeente bymekaar moet roep vir gebed.

Ons het besluit om gebedsbyeenkomste vier maal per week te hou. Van die begin af was elke gebedsbyeenkoms gekenmerk deur `n ontsagwekkende stilte wat oor die gemeente toegesak het. Ons was stil in God se teenwoordigheid, meestal sonder `n geluid, tot en met `n uur, gevolg deur sagte huilery en hartverskeurende boetedoening. In een byeenkoms moes ek my knieë stut met my hande om te keer dat hulle bewe in God se ontsagwekkende teenwoordigheid.

Gedurende hierdie besoeke van die Here, het die Heilige Gees aan ons geopenbaar dat daar `n rede is vir hierdie geween van ons harte. Ons was so beweeg omrede daar `n tragedie aan die kom was. `n Ernstige gebeurtenis was aan die kom vir die nasie. En al het ons nie geweet wat dit was nie is ons harte geroer om in gebed te tree rakende dit wat kom.

Toe skielik het die ramp getref. En dit het nie net ons Stad geraak nie, maar ook ons land se Hoofstad. Een netwerk se leser het verklaar, "Dink daaraan, ons twee simbole van krag en vooruitgang is vernietig in een uur." Min het hy geweet dat hy Openbaring 18:10 aanhaal: "Hoe vreeslik, hoe vreeslik! Die groot stad, Babilon, die sterk stad! In een oomblik het die oordeel oor jou gekom!"

Soos wat `n polisieman van ons kerk gehelp het op grondvlak, het sy kollegas hom gevra, "Wat is dit alles omtrent? Wat het gebeur?" In tussen het die hele nasie gevra, "Waar is God in wat hier gebeur?"

Ons is reg om die vraag te vra. Ons moet kan verstaan waar God in hierdie aangeleentheid staan. En om dit te kan doen moet ons op Sy heilige Woord alleen vertrou. Ons het honderde verklarings gehoor vanaf media eksperte tot by politici. Maar al hulle retoriek het die selfde begin klink. Daar is geen begrip vir die werklike rede vir hierdie skielike vernietiging nie.

Daar is een ding wat ek julle van kan verseker: God is nie hierdeur verras nie. Hy ken die gedagtes van alle mense, ingesluit elke heerser, elke despoot en terroris. Die Here monitor die bewegings van elke persoon in die algehele massas van die mensdom. Hy weet wanneer hulle sit of staan. En ek kan vir julle vertel, hierdie een ding is seker: God het alles onder beheer. Niks op aarde vind plaas sonder sy medewete nie. ook nie sonder sy toestemming daarvoor nie, en by tye, sy toedoen nie.

As Jy `n Christen Is, Dan Weet Jy, God Het `n Boodskap Aan Amerika En Die Wêreld Gelewer Deur Hierdie Ramp.

Predikers en Teoloë oral oor sê "God het niks met hierdie ramp te doen nie. Hy sal nie so iets toelaat om te gebeur nie." Tog kan niks verder van die waarheid wees nie. Hierdie tipe van denkwyse is wat veroorsaak dat ons nasie die boodskap mis wat God vir ons wil oordra deur hierdie ramp.

Die feit is, ons moet `n woord van God af hê. Soos menige pastore, het ek gehuil en getreur oor hierdie afskuwelike daad. Ek het God gesoek deur gebed en deur sy Woord. En ek wil julle vertel, ek het `n hartseer ervaar wat selfs dieper is as die treur vir onskuldige mense wat doodgaan. Dit is `n hartseer wat sê dat as ons God se boodskap mis, as ons `n dowe oor draai vir dit wat Hy so duidelik proklameer dan is daar baie erger wat vir ons wag.

Die profeet Jesaja praat direk oor wat ons nou net ervaar het. (As julle daarteen is om de Ou Testament te gebruik vir voorbeelde, oorweeg dan Paulus se woorde op die onderwerp: "Hierdie dinge het oor hulle gekom as `n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as `n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef" [1 Korintiërs 10:11]. Paulus maak dit duidelik: die voorbeelde van die Ou Testament maak dit duidelik presies hoe God optree in tye soos wat nou by ons is.)

Ten tye van Jesaja se profesië het God alreeds 250 jaar lank geduldig met Israel gedeel. God het "ligte beproewinge" gestuur, met die oproep dat hulle hulle moet bekeer. Hy het probeer om hulle om te haal, uit hulle skaamtelose afgodediens en terug te keer na sy seën en guns.

Al die profete het deur die jare met Israel gepraat oor dieselfde essensiële woord: "Verootmoedig julleself." Die Woord sê "Hulle het die stinkende afgode gedien....Die Here het Israel en Juda deur elke profeet en siener gewaarsku: Bekeer julle van julle verkeerde paaie. Kom my gebooie en voorskrifte na volgens die hele wet wat Ek julle voorvaders bevel het, wat Ek deur my dienaars die profete aan julle gegee het." (2 Konings 17: 12 - 13).

Maar God se uitverkore volk het sy oproep om berou, verwerp. "Maar hulle wou nie luister nie; hulle was net so hardkoppig soos hulle voorvaders wat ook nie op die Here hulle God vertrou het nie." (17:14). Hierdie mense het die profete gespot wat hulle tot bekering geroep het. En, in plaas daarvan, het hulle... "Hulle het sy voorskrifte en sy verbond verwerp wat Hy met hulle voorvaders gemaak het. Sy waarskuwings het hulle in die wind geslaan, hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword...Al die gebooie van die Here hulle God het hulle links laat lê..Met volkome oorgawe het hulle gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hom uitgetart. Die Here het so toornig op Israel geword dat Hy hulle verwerp het." (17:15 - 18).

God Het - "Word wakker" Oproepe Na Israel Gestuur.

Die Here se eerste, "word wakker," roep na Israel het gekom tydens die inval van Assirië. Hierdie aartsvyand het twee Israelitiese provinsies aangeval, Sebulon en Naftali. Gelukkig was die aanval beperk tot hierdie twee areas en die skade was minimaal. Tog het God duidelik met sy mense gepraat. God se uitverkore volk het hulle waarde van sekuriteit verloor. Tog het hulle nog steeds nie die boodskap wat God gespreek het gekry nie.

Israel het toe die tweede, wakker word, oproep gekry. Hierdie oproep was baie ernstig. Twee nasies wat die Woord die "vyande van Israel" noem - die Siriërs en die Filistyne - het magte bymekaar gespan vir `n skielike aanval. Volgens Jesaja het hierdie aanval van beide "kop en. stert" gekom. (Jesaja 9:12). Dit meen die aanvallers het van die ooste sowel as die weste aangeval, Israel omring en hulle skielike aanval was totaal verpletterend.

Nou kom ons by die hart van my boodskap en die vraag wat die meeste Amerikaners vra: Waar was God in hierdie skielike inval van sy verkose land? Wat moes sy volgelinge dink van hierdie ramp wat hulle oorval het? Jesaja vertel ons dat God was getrou deur met sy mense te praat: "Die Here het `n boodskap gestuur vir Jakob, vir Israel; Hy het hulle aangespreek: Die hele volk.." (Jesaja 9:7-8). God het `n duidelike woord gespreek. En Hy het die boodskap na die hele nasie toe gestuur.

Geliefdes hierdie vers vertel vir ons iets baie belangrik ten tye van ons eie vernietiging. Dit sê eenvoudig, "God stuur altyd sy woord." Nog nooit in die geskiedenis het God sy volgelinge sonder `n leidraad gelaat tydens `n gebeurtenis nie. Hy het ons nog nooit verlaat of ons geforseer om self situasies uit te sorteer nie. Hy het ons nog altyd voorsien van `n woord ter verduideliking.

Selfs nou is die Here besig om `n goddelike wag daar te stel om namens Hom te spreek in hierdie tye. Hierdie skaapwagters treur, huil en vra vergiffenis wyl hulle God se aangesig soek. En ek glo hulle hoor en verstaan God se boodskap rakende die huidige gebeure. Meer as dit, hulle is nie bang om ernstige waarskuwings te verkondig nie. Hulle is genoodsaak om van die doel agter hierdie onheil te praat.

Ek Moet `n Woord Spreek Wat Nie Een Van Ons Wil Hoor Nie.

Baie lesers sal nie die woord ontvang wat ek nou gaan spreek nie. Hulle gaan dink dit is harteloos, wreed en ongenadig in `n tyd van rou. Maar ek sê vir julle, as ons nie God se waarheid hoor en die feite in die oë staar nie, is ons nasie gedoem. Hier is die woord wat ek die Here nou hoor spreek:

"Die Here gee aan Resin se teëstanders die oorhand oor hom en hits sy vyande aan..Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle. Die volk het hulle egter nie bekeer tot Hom deur wie hulle gestraf is nie, hulle het nie gevra na die wil van die Here die Almagtige nie." (Jesaja 9: 10, 13)

Die Bybel maak dit kristal helder: God het vyandige nasies gebruik om sy volk te tugtig. Die Here het hierdie vyande as `n waarskuwingsinstrument gebruik vir Israel en die volk geroep om tot berou en bekering. "Ellende wag vir Assirië, Assirië die stok waarmee Ek sal straf, die werktuig van my toorn. Ek stuur hom teen die goddelose nasie, Ek beveel hom om op te trek teen die volk vir wie Ek kwaad is, om hulle te beroof en te plunder, om hulle te vertrap soos modder in die strate." (10:5 - 6).

God het hierdie koalisie bemagtig om sy uitverkore volk te kasty. Die Here het probeer om Israel te waarsku, "Julle het julleself verhoog met trots. Nou is ek van plan om julle te verneder. Ek gaan toelaat dat julle deur julle vyande gedissiplineer word."

Die vyandelike koalisie het hulle massiewe aanval geloods. En skielik het die Israeliete in verbystering toegekyk hoe hulle geboue begin inmekaar tuimel. Vure het deur die stad gebrand en die statige strukture vernietig. In `n kort tydperk was Israel in vlamme. En God se volk het begin om te huil, "Die huise van roustene het wel omgeval.die wilde vyebome is wel afgekap." (9:9).

Na die waarneming van die onlangse ramp in New York en Washington kan ons, ons begin indink wat die emosies van die Israeliete van ouds was. Nogtans, het Israel belydenis gedoen na hierdie grVSAme aanval? Was daar `n nasionale erkenning dat God `n waarskuwing gestuur het? Het die heersers God hoor praat deur hierdie afskuwelike gebeurtenis? Nee, Israel se reaksie was net mooi die teenoorgestelde. Die volk se aanvanklike vrees het vinnig plek gemaak vir `n gety van nasionale trots. "Hulle sê.hulle wat so selfversekerd en trots is." (9:8 - 9).

Die Hebreeuse woord vir selfversekerd in hierdie vers insinueer `n waarde van grootheid. In ander woorde toe die aanval oor was het die Israeliete hulle vertroue terug gekry. Hulle het verklaar, "Die huise van roustene het wel omgeval maar ons sal met gekapte klip bou; die wilde vyebome is wel afgekap, maar ons sal dit met seders vervang." (9:9) Met ander woorde, hulle het gesê "Hierdie gebeure is nie van ons God af nie. Dit is blote toeval, jammerlike voorvalle wat nie verklaar kan word nie."

"Ons is `n groot en magtige nasie. Ons bestaan uit trotse en onbuigbare mense. En ons sal die wêreld laat weet dat ons sal terugkeer. Ons sal alles beter en sterker bou. Waar ons bakstene voorheen gebruik het sal ons nou klippe gebruik. En waar ons voorheen met goedkoop konstruksie metodes gebou het, sal ons beter materiaal gebruik. Ons is `n God geseënde nasie. En ons sal deur hierdie ramp kom, sterker as ooit."

Klink dit nie baie bekend nie? Die Here homself het `n bose vyand gebruik om `n waarskuwing van tugtiging aan sy volk te stuur. Hy wou dat, hulle wakker word van hulle kompromie, dat hulle terugkom na Hom toe, sy seën oor hulle uitstort en hulle omring met sy beskerming. Tog, dwarsdeur hierdie tyd van treur en angs het God se volk nie een keer sy hand in al hierdie gebeure erken nie. Niemand het gevra, "Wat sê God deur dit alles vir ons nie. Is Hy besig om met ons te praat?" Niemand het vir `n oomblik gedink dat so `n trotse en groot nasie verneder en getugtig kon word nie. In teendeel, die mense het hierdie okkasie gebruik om al sulke denke teen te staan. Hulle het geweier om God se waarskuwing aan hulle te hoor.

Ek vra julle: Tref die voorbeeld van Israel julle, na dit alles wat ons getuie van was in die afgelope weke? Moet my asseblief nie misverstaan nie. Ek dank God dat ons `n morele President het wat ons land lei. Ek dank God vir al die toegewyde Christene wat in sy kantoor dien. Ons kerk bid getrou vir ons land se leiers. En ons is dankbaar vir die tydelike gebede landswyd. Dit is bemoedigend om mense te sien wat nugter hulle lewenswyses oordink en hersien.

Nogtans, is die kans daar dat ons God se boodskap aan ons mis. Dink daaraan: wanneer ons eredienste vra vir `n oomblik van stilte, dan dink ons dit is opregte belydenis. Wanneer ons, ons politici sien sing "God seën Amerika," dan dink ons, ons nasie het terug gekeer na God toe. Wanneer ons sport gebeure aanskou wat `n minuut stilte tyd eerbiedig om halftyd, dan dink ons dit is `n geestelike ondervinding.

Is dit al wat gaan voortkom uit die onlangse ramp? Sal toeskouers in die sport stadiums staan vir `n minuut van stilte en dan aangaan om hulle liggame te verf in wilde kleure, bier na bier te drink en soos maniakke te skree vir hulle gunsteling span?

Soos meeste Amerikaners, het ek gehuil toe ek Senators en Kongres lede op die Withuis trappe sien staan het waar hulle "God seën Amerika .staan ons by en lei ons." gesing het. Tog, terwyl ek gehuil het, het die Here my herinner "Baie van hierdie leiers wat jy nou sien sing het gewerk daaraan om my uit die Amerikaanse gemeenskap uit te dryf. Hulle is selfs gedetermineerd om my naam uit die Amerikaanse geskiedenis boeke te verwyder. En hulle het die moord van miljoene babas deur aborsies toegelaat."

Skielik was ek oorweldig deur die hipokrasie van die situasie. Ons gee lippe diens aan God, maar ons gaan voort op ons glybaan na die besoedeling van immoraliteit.

Wanneer `n Nasie Onder Goddelike Tugtiging Is, Sal Dit Op Een Van Twee Maniere Reageer.

`n Nasie onder tugtiging mag homself verootmoedig en berou toon, soos Nineve. Of, hulle kan lippe diens gee aan God, maar dan weer inwaarts keer na hulle eie krag om sodoende bo die tugtiging uit te styg. Daar sal `n verenigende kreet wees wat dit stel, "Ons het die krag om enige rampe te verduur. En ons het die kundigheid om enige probleem op te oorkom. Ons is waarlik `n groot nasie."

Ek is net so patrioties soos enige Amerikaner. En ek is net so opgewonde soos enige een oor die eenheid wat ons nasie ondervind. Ek dank God vir die heldhaftige en ongelooflike opofferinge wat ons gesien het in die nadraai van die terroriste aanvalle. Die hele wêreld is met ontsag vervul oor die vasberadenheid en liefde wat deur die mense van New York, Washington, DC en Amerika in die algemeen vertoon is.

Maar ons staar dieselfde gevaar as Israel in die gesig. Deur ons vurige patriotisme kan ons maklik God se boodskap aan ons nasie mis. Op die oomblik staan ons by presies die selfde kruispad waarby Israel gestaan het.

Ek wonder: As ons in die tyd van Jesaja geleef het, of ons na sy profetiese waarskuwings sou geluister het? Of sou ons `n dowe oor na hom toe gedraai het? Beide JerVSAlem en die nasie van Juda het geglo dat hulle nie verneder sou word nie. Tog, Jesaja het geprofiteer, "Sal ek nie met JerVSAlem en sy gode doen wat ek met Samaria en syne gedoen het nie?" (Jesaja 10:11). God het eintlik gesê, "Ek het ander nasies geoordeel vir die selfde afgodediens wat julle bedryf. Hoekom sal ek julle nie oordeel nie? Wat stel julle vry van my wette?"

Dwarsoor Amerika hou mense gebedsdienste "ter herinnering." Dit is reg en eerwaardig (en totaal skriftuurlik) om hulle te onthou wat dood is. Maar waarom is ons so bang om gebedsbyeenkomste byeen te roep vir "gebed vir berou en bekering"? Huidiglik is meeste Amerikaners gefokus op herinneringe en wraak. Maar, waar is die oproep in Amerika om terug te draai na God toe?

Sover dit die straf van terroriste betref, word die situasie ook deur Jesaja aangespreek. "Maar wanneer die Here alles wat Hy op Sionsberg en in JerVSAlem wil doen, afgehandel het, sal Hy die koning van Assirië straf oor sy trots en selfversekerdheid." (Jesaja 10:12). Inderdaad, nadat God die Assiriërs as "die staf van my gramskap" gebruik het, het Hy hulle vernietig. Net so sal God al die terroriste vernietig wat onskuldige mense aanval en vermoor. Dit sal nie lank wees voordat hulle, hulle ewige bestemming in die hel bereik nie.

Hier Is Die Boodskap Wat Ek Glo God In Ons Ellende Uitbasuin.

Diep in my gees hoor ek die Here spreek. Ek hoor die Here sê, "Ek het jou bo al die nasies vooruitgang gegee. Steeds het jy vir jare aangehou om gode van goud en silwer te aanbid. Ek het jou skaamtelose sensualiteit verdra, jou bespotting van heilige dinge, jou uitgiet van onskuldige bloed en jou onvermoeide pogings om my van die gemeenskap te verwyder. Tyd is aan die uitloop vir julle.

"Ek het profeet na profeet gestuur, wagter na wagter. Julle is keer op keer gewaarsku. Steeds wil julle nie julle oë oopmaak vir julle korrupte wyses nie. Nou het ek julle geslaan in die hoop om julle te red. Ek wil julle land gesond maak, julle vyande verslaan en julle terug bring na my seën. Maar julle het nie oë om dit raak te sien nie."

As God nie ander nasies wat hom verwerp het spaar nie, waarom sal Hy Amerika spaar? Hy sal ons oordeel net soos hy Sodom, Rome, Griekeland en elke ander kultuur wat hulle rug op hom gedraai het, geoordeel het.

Oorweeg wat God deur Esegiël gespreek het. "Laat vaar al julle oortredings en kry `n nuwe gesindheid, `n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel? Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie" sê die Here my God, "maar dat hy hom bekeer en bly lewe." (Esegiël 18: 31 - 32).

Vir enige een wat glo dat God nie pyn voel nie, hier is die positiewe bewys van sy groot medelye. Hy voel hartseer en treurigheid oor dood. Hy vertel ons in hierdie paragraaf, "Ek neem geen plesier daarin om te sien dat julle ly en sterf nie. Dit is waarom Ek met julle pleit om julle te bekeer en te bly lewe."

God huil spesifiek oor daardie rampspoed wat onskuldiges oorval. In hierdie afgelope weke kan julle seker wees Jesus het gehuil oor die slagoffers van die terroriste aanvalle. Daar word gesê, Hy "bottel die trane van heiliges." Inderdaad, ek glo dat baie van die trane wat deur Christene gestort word in werklikheid God se eie trane is wat deur sy Heiliges besiel word.

Tog, met tye weerhou God se reg en geregtigheid hom van sy jammerte. En hy is dan geforseer om sy geregtigheid en oordeel as `n laaste toevlug te gebruik. Die grootste voorbeeld hiervan is die offering van sy Seun, Jesus. Geregtigheid vereis dat die sonde van die hele wêreld voor `n onskuldige man gelê word, en dat hierdie man veroordeel word om te sterf vir almal. Sê vir my, wie kan meer onskuldig wees as God se eie Seun? Nogtans het Christus homself gewilliglik gegee as `n offer, om so verlossing en redding aan die mensdom te offer.

Wat Sal Met Amerika Gebeur As Ons God Se Boodskap Mis?

Wat sal ons nasie se lot wees as ons God se oproep om geheel en al na hom te draai verwerp? Wat sal gebeur as aborsies voortgaan en fetusse vir navorsing gebruik word.as ons, ons Saligmaker se naam bly uitvee uit die Amerikaanse geskiedenis.as ons alle dinge groter en beter herbou, net om ons self verder te verryk.as ons staatmaak op ons gewapende magte eerder as op God vir krag?

Jesaja verduidelik wat gebeur met elke nasie wat God verwerp en grootpraat van sy eie grootheid.

"Die goddeloosheid brand soos `n vuur..sodat hulle in `n rookkolom verdwyn. Onder die straf van die Here die Almagtige brand die land weg, die volk het vuurmaakhout geword; die een mens bekommer hom nie oor die ander nie. Elkeen verslind links en regs maar kry nie genoeg nie. So verteer hy sy eie krag." (Jesaja 9: 17 - 20).

Vernietigende vure sal hemelhoog rys. Die land sal in donkerte gehul wees. Die ekonomie sal met `n geweldige slag geslaan word. En daar sal onenigheid wees in die nasie, in gemeenskappe, in buurtes en in families. Mense sal net na hulle self omsien in `n desperate poging om te oorleef. God help jou as jy na aan hulle gaan kom.

Ek het `n profetiese boodskap nege jaar terug ontvang en ek het dit by "Times Square Kerk" gelewer op 7 September, 1992. Laat ek dit nou met julle deel:

"Hierdie waarskuwing is nie bedoel om julle te laat skrik nie. Dit is net bedoel dat julle na God moet gaan en bid. Dit is wat ek glo dat God my gewys het:

"Dertig dae van kastyding sal op New York Stad toeval soos wat die wêreld nog nooit tevore gesien het nie. God gaan die mure laat val. Daar sal ondenkbare geweld en diefstal wees. Die geweld sal so erg wees dat dit die hele wêreld sal skok. Ons strate sal oortrek wees van die Nasionale Wag en die burgermag.

`n Duisend vure sal gelyktydig dwarsdeur die stad brand. Die Los Angeles brande was tot `n paar seksies van die stad beperk, maar New York sal in al sy munisipaliteite brand. Time Square sal brand en die vlamme sal styg tot in die hemel en sal vir myle gesien word. Brandweerwaens sal dit nie kan hanteer nie."

"Treine en busse sal tot stilstand kom. Biljoene dollars sal verloor word. Broadway vertonings sal in totaal staak. Besighede sal uit die stad vlug in `n onkeerbare vloed. Sulke dinge word in Derde Wêreld lande verwag, nie van `n beskaafde nasie soos Amerika nie. Maar, in `n nie so `n lang tydperk daarna nie, sal New York heeltemal bankrot gaan. Die Koningin Stad sal in die stof gewerp word en sal `n stad van armoede word."

"Julle mag vra wanneer sal dit alles gebeur? Al wat ek kan sê, is dat ek glo dit gaan gebeur terwyl ek nog hier is. Maar, wanneer dit gebeur dan moet God se mense nie paniekbevange raak of vrees nie."

Oproepe en boodskappe het ons gemeentekantore oorvloei wat vra, "Was die terroriste aanval op 11 September 2001 die katastrofe wat jy in 1992 al geprofiteer het?" Nee, glad nie. Wat ek sien kom het sal baie erger wees. Inderdaad, as Amerika God se roep om terug te keer na Hom verwerp, dan sal ons dieselfde oordeel as die Israeliete in die gesig staar. En hulle sal nie net New York tref nie, maar elke streek in hierdie land. Selfs die Hartland sal nie gespaar word nie. Die nasie se ekonomie sal ineenstort en geweld sal ontspring. Vuur sal ons stede verteer en tenks sal deur die strate dreun.

Miskien wonder jy net soos ek, Kan enige van die gebeure verhoed word?" Ja, absoluut. Ek glo ons sal uitstel kry as ons President kan bewys dat hy `n Joshua is. Julle sal Joshua dalk onthou as die koning wat die Here met sy hele hart gesoek het. Ons moet almal tot God bid dat Hy ons President die selfde gees sal gee as Joshua, naamlik om te bewe voor sy Woord. God het die volgende tot Joshua gespreek:

"Ek bring onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die oordele in die boek wat die koning van Juda gelees het, want hulle het my verlaat. Hulle het offers gebring vir ander gode .Maar sê vir die koning van Juda wat vir julle gestuur het om die Here te raadpleeg.Ek het daarop ag geslaan dat jy in jou hart geraak is deur die woorde wat jy gehoor het en dat jy jou klere geskeur en gehuil het voor My, en dat jy berou getoon het voor My, die Here, toe jy hoor wat ek sê oor hierdie plek en inwoners, naamlik dat verwoesting en straf oor hulle kom, sê die Here. Daarom sal ek jou in vrede laat sterwe en in jou graf laat ingaan; jy sal niks van al die onheil wat ek oor hierdie plek bring, self beleef nie." (2 Konings 22: 15 - 20).

In beginsel het God aan die koning gesê, "So lank soos wat jy regeer, bewend voor My Woord en op my staatmaak, sal jy nie die oordeel sien nie. Dit sal nie gedurende jou koningskap wees nie."

Ek glo dat ons venster van geleentheid om op God se roep te reageer baie kort is. Ons moet almal bid dat ons nasie berou sal kry en terug na God sal draai. Maar ons mees intense gebede moet vir ons eie harte wees. Laat my met my hele wese na U toe terugkeer.