Die Toorn van Satan sal God verheerlik

Die Psalmis skryf: “die grimmigheid van die mens moet U loof” (Psalm 76:11). Volgens hierdie vers, sal die grimmigheid van die kwaaddoeners eendag verander word om die Almagtige God te prys. Hoe wonderlik sal dit wees: die tonge van boosdoeners sal slegs in staat wees om die Here te loof en Hom te herken as Heer!

My vraag oor hierdie vers is, waar kom die grimmigheid van die mens vandaan? Op die oomblik is daar ‘n bedekking van grimmigheid wat soos ‘n kombers oor die aarde vou, iets wat groter is as die menslike aard. Hierdie toorn openbaar homself op verskillende maniere, dink aan:

Islam in sy radikaalheid, stort sy grimmigheid uit oor almal wat nie voor Alla buig nie.

In Noord Korea, bedreig ‘n duiwelbesete diktator die hele wêreld; terwyl hy wrede verdrukking en hongersnood oor sy eie mense bring.

In die Midde-Ooste, het nasies die instrumente in die duiwel se hand geword, om Israel te vernietig.

In Europa en die Verenigde State, verhewig die afkeur van hulle wat die Naam van Jesus nie wil herken nie.

Ten slotte is daar die grimmigheid van hulle wat hulleself oorgegee het aan hulle sonde. Hulle gaan verwoed tekere om God se heerskappy omver te werp.

As ek na hierdie huidige vorme van die mens se grimmigheid kyk, besef ek dat dit nie van menslike oorsprong is nie, maar dat dit absoluut Satanies is. Die Bybel gee ons hierdie verse om dit te bevestig.

Die apostel Johannes praat oor die laaste dae. “Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die Bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openbaring 12:12).

Jesus sê van hulle wat teen Hom tier, “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen” (Johannes 8:44). In hierdie vers identifiseer Christus die oorsprong van hierdie toorn: dit is nie afkomstig van mense nie, maar van Satan self.

Volgens hierdie gedeeltes is dit wat ons nou die hoof moet bied, niks anders as ‘n helse, demoniese woede uitbarsting nie. Dit is nie polities van oorsprong nie, nie persoonlik nie, nie net ‘n kwessie van Islam-teen-Israel nie. Dit is baie erger.

Dit is hiervan waarvan die Psalmis praat, as hy in verwarring vra: “Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde” (Psalm 2:1-2).

Alles is ‘n demoniese woede-uitbarsting teen Johava-God en sy Seun Jesus Christus. Die vorme wat sy toorn aanneem word kragtiger. Op hierdie oomblik sien ons Christus se woorde bewaarheid word, in die wêreld: die kinders van Satan doen wat hulle vader van hulle verlang.

1. Ek dink aan die wêreldwye toorn van Islam en ander heidense godsdienste wat probeer om hulle god wêreld-heerser te maak.

Islamitiese geestelikes roep hulle volgelinge op tot ‘n heilige oorlog (fatwa) teen almal wat weier om hulle valse god te aanbid. In demoniese woede tel die vyande van Christus die wapens op en eis, “Buig voor ons god, of sterf.”

Tog is hierdie sataniese woede nie ‘n nuwe ding nie. Ons sien voorbeelde van sulke demoniese bevlieginge reg deur die geskiedenis. In Daniël 3 sien ons hoe koning Nebukadnesar ‘n goue afgodsbeeld in Babilon oprig en eis dat dit aanbid word. Elke leier en onderdaan van die meer as honderd provinsies moes neerval en die god aanbid of sterf. Daar was net twee keuses: buig of brand! As enigiemand sou weier om Nebukadnesar se afgod te aanbid, sou hulle lewendig in vurige oonde gegooi word.

Nadat die proklamasie uitgevaardig is, het drie toegewyde, jong Jode geweier om te buig. Nebukadnesar het hulle woedend voor hom laat bring, en gevra: “wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?” (Daniël 3:15). Hier is hulle antwoord: “As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos” (Daniël 317).

Die reaksie van die demoon-besete koning was te wagte. “Toe het Nebukadnesar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednego; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was” (Daniël 3:19). Dit was duidelik demoniese haat teen God. Dit is wat almal wat vir Christus staan, kan verwag om sulke woede die hoof te bied. Hulle gehoorsaamheid sal altyd woede ten gevolg hê van hulle wat Satan gehoorsaam.

Wat was die gevolg? Wie se God het in Babilon oorwin? Te midde van hierdie stryd vertoon Jesus self sy heerlikheid en mag. Toe koning Nebukadnesar na die oond staar was hy geskok deur wat hy gesien het. Hy roep uit: “Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos die van ‘n godeseun” (Daniël 3:25).

As Jesus opdaag is die spel afgeloop. Sy vyand moet voor Hom wyk.

Op die oomblik sien ons hoe die geskiedenis herhaal word. Vandag is Islam ‘n soort Babilon met waansinnige leiers soos Nebukadnesar. Hierdie godsdiens bedreig die hele wêreld met sy eis om Alla te aanbid. Terroriste organisasies, wat deur Islam ondersteun word, eis: “Buig voor Alla of ons sal julle vliegtuie opblaas. Ons sal julle dorpe, treine, busse en tonnels bombardeer. Ons sal julle ontvoer, martel en onthoof. Alla sal die wêreld regeer. Islam sal oorwin.

As ons oor hierdie demoniese magte dink, moet ons weer na die storie van Nebukadnesar en die drie getroue jongelinge kyk. Dit vertel vir ons hoedat die Here in ‘n enkel uur gekom het en dit het alles verander. Alles het anders gelyk toe God sy mag openbaar het. Dit het die koning laat uitroep: “Geloof sy die God van Sadrag, Mesag en Abednego, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God” (Daniël 3:28).

Onmiddelik het Nebukadnesar ‘n ander wet laat afkondig. Hierdie edik het gesê dat niemand ‘n ander God mag dien as die God van die drie jong Jode nie: “omdat daar geen ander god is wat so kan verlos nie” (Daniël 3:29).

Kom ons gaan terug na die Psalmis wat vra waarom die heiden-nasies teen God te kere gaan: Volgens hom reageer God op sulke woede, as volg: “Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik” (Psalm 2:4-5).

Die Here self sê dan: “Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer” (Psalm 2:6-7). Islam en ander heidense godsdienste mag dink hulle kan die aarde regeer. Maar Jehowa God sê: “Ek het reeds my Seun Jesus Christus, die Messias, as koning oor die hemel en die aarde aangestel. Hy is Heer oor alles.”

Die Vader self sê: Jesus regeer as Heer. Wat is die wêreld se reaksie hieroor?

2. Daar is groeiende toorn en woede in die harte van boosdoeners teen die Naam van Jesus.

Oral oor die wêreld ontstaan daar ‘n groeiende haat teen God se Woord. Die Bybel word verag en bespot deur die goddelose. Ek vra julle: wat is daar in Jesus se naam wat sulke woede ontketen, as die Naam net genoem word? Geen naam, in die hele wêreld, is so verag nie. Tog is daar geen verlossing in enige ander naam nie: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered kan word nie” (Handelinge 4:12).

Ons weet dat Jesus se naam altyd gehaat was deur die goddelose, maar daardie haat het nou demoniese afmetings aangeneem. Christus se naam word stadig maar seker mee weggedoen uit die samelewing, deur wetgewing, onder alle nasies op die wêreld.

Ek het onlangs, uit ‘n betroubare bron gehoor, van ‘n skokkende ontwikkeling in die Verenigde State se weermag. ‘n Poging word aangewend om te verseker dat geen kapelaan, Katoliek of Protestant, die naam van Jesus mag noem nie. Die rede hiervoor is ongelooflik: “Ons moet geestelike volwassenheid hê in ‘n gemengde gemeenskap.” Wat ‘n misleiding! Dink net: eers word alle vermelding van Jesus se naam verbied, en dan word gesê dit is ‘n saak van geestelike volwassenheid! Dit is direk uit die hel uit!

Hoekom is daar soveel woede teen die Seun van God? Waarom beef die goddelose by die noem van sy Naam? Dit is oor wat sy Naam verteenwoordig: Christus se Naam beteken verlossing van sonde. Dit beteken vryheid van die oorheersing van die sonde. Dit beteken die dood van die ou, gevalle, Adam-natuur en die binnegaan van ‘n nuwe lewe. Dit beteken die krag om alle goddelose luste te laat staan.

Maar, sien jy, plesier-liefhebbers wil nie hulle sondige leefwyse laat staan nie. Paulus sê van hulle: “Hierdie mense het net hulle sonde liefgehad, hulle het ten volle verstaan dat God se oordeel teen allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, seksuele perversie is. En tog het hulle hulself oorgegee aan die plesier van sulke dinge. Hulle is haters van God” (Romeine 1:28-32 – my aanhaling).

Luister wat sê God Jahwe oor hierdie sataniese woede teen sy Seun, sy Woord en sy kinders.

Volgens die Psalmis is die heidene se houding: “Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp” (Psalm 2:3). In moderne woorde beteken dit: “Kom ons gaan nie langer Bybelse veroordeling duld nie. Ons gaan hierdie ‘Jesus slawerny beëindig. Ons gaan wette maak wat al die ou morele wette omwer sal werp. Ons eis ons reg van ‘n huwelik tussen twee mans of twee vroue. Ons gaan druk uitoefen vir die reg van alle seksuele afwykings. Ons sal alle ou morele grense verbreek. Ons eis die ‘morele hoër grond.”

My Bybel sê vir my wat sal op so ‘n tyd gebeur. Wanneer bose mense se woede die wette van die natuur sal oorweldig – en die samelewing sal verander in ‘n onbeskryflike Sodomitiese hel, waar elke mens doen wat hy wil – dan sal ons Heer optree: “Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik” (Psalm 2:5).

Die Psalmis sê: “Hulle het hul tekens as tekens gestel. Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in ‘n digte plek bome. En nou – die houtsneewerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan, en die woonplek van u Naam ontheilig” (Psalm 74:4-7). En dan roep hy uit. “Hoe lank, o God, sal die teëstanders smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?” (Psalm 74:10).

Dan sê God se Woord dat die verwoesting en godslastering, wat deur die mens se woede ontketen is, nie baie langer sal voortduur nie. “Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself” (Psalm 76:10). Hoe sal dit gebeur? Eenvoudig gestel hoe woedender die mens hoe meer sal God sy genade uitstort. “en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword” (Romeine 5:20).

Ons sien wonderlike voorbeelde hiervan in die geskiedenis. Dink maar aan hoe die kerk van Christus in China vertrap is onder kommunisme. Alle vorme van godsdiens was verban, Boedisme ingesluit, die oorheersende geloof in daardie land. ‘n Geestelike lugleegte was die gevolg, terwyl mense honger en leeg was. Weereens is die woede van mense omgekeer tot lof van God. Die Here het riviere van seëninge op China uitgestort, en ‘n ondergrondse kerk het regoor China tot stand gekom. Vandag tel die Chinese kerk miljoene en dit groei steeds.

Die duidelikste voorbeeld van hoe die woede van ‘n mens tot die eer van God verander het, is die getuienis van die apostel Paulus. Jesus het homself aan hierdie vurige vervolger van die eerste kerk, op die pad na Damaskus openbaar. In een enkele oomblik, het Paulus se tierende woede teen Christus en sy kerk verander na lof tot God. Die hele wêreld is vandag anders, as gevolg hiervan.

Selfs nou sien ons hoe die woede van Hesbolla tot God se lof verander. Hoe? Islamese uit Suid Lebanon het vir die oorlog gevlug na Jordanië en Sirië, waar baie van hulle onderdak gekry het by Christene. Terwyl hierdie gelowiges Christus se onvoorwaardelike liefde uitgeleef het, deur hulle onderdak te gee en te voed, is die harte van die onheemde Islamese aangeraak. Hulle is nou meer oop vir die evangelie as ooit tevore.

Deur al hierdie voorbeelde, sien ek die Here se antwoord op die Psalmis se uitroep: “Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur ‘n dwaas: die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur oopgaan!” (Psalm 74:22-23).

3. Laastens: Daar is ‘n toenemende sataniese woede teenoor elke toegewyde volgelinge van Christus.

Ek glo dat ‘n boodskapper van Satan toegewys is om elke godvresende mens, elke dag, te kasty en aan te val. As jy nader aan die Here kom, sal jy die woede van ‘n mal duiwel op jou neerhaal.

Tog is daar ‘n manier om Satan se woede teen jou tot lof van God om te keer. Die feit bly staan, ons is nie hulpelose babatjies nie. Aan ons is wapens en hulpmiddels gegee wat magtig is om die sataniese vestings af te breek. Wat is ons grootste wapen? Die beloftes van ons Almagtige God.

Die Skrif sê vir ons, “Weerstaan die duiwel en hy sal van jou wegvlug” (Jakobus 4:7). Miskien vra jy, “Maar hoe weerstaan ek die vyand?” Jy doen dit deur te rus op God se beloftes, om dit deel van jou wese te maak, en jou daarop te beroem as jy deur die duiwel aangeval word. Hier is net een voorbeeld van so ‘n belofte:

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou: kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie – die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding – die manne wat teen jou oorlog voer. Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou” (Jesaja 41:10-13).

Ek dink net aan die woede teen Nicky Cruz toe hy onlangs in London gepreek het.

Eertydse bendeleier, Nicky Cruz, het onlangs ‘n evangelistiese uitreiking in Hackney, ‘n bende besmette voorstad van London, gehou. Die misdaadsyfer het die hoogtes ingeskiet. Die hoof van die polisie het Nicky gevra om daar te kom praat.

Die burgemeester van Hackney is homoseksueel, so ook baie van die raadslede. Toe hulle hoor dat Nicky kom praat, het hulle op sy webwerf ingegaan en ‘n stelling ontdek wat sê dat die Bybel homoseksualiteit sonde noem. (Die konteks was, Nicky se reaksie op ‘n brief, ‘Homoseksualiteit is nie die probleem nie – sonde is die probleem. Dieselfde is waar van fornikasie, egbreek, geweld, verdowing – en alkohol verslawing.’)

Hierdie leiers het ‘n veldtog van stapel gestuur om Nicky te verhinder om te praat, en die woede wat hulle teen hom opgewerk het, was vreeslik. Hy was onverdraagsaam, homofobies genoem, en die koerante het die berigte oor hulle voorblaaie versprei. Ons bediening het e-pos verslae oor die hele oproer ontvang.

Terwyl al hierdie woede op Nicky uitgegiet is, was hy aangeraai om skikkende aanmerkings teenoor die pers te maak. Maar Nicky het geweier. In teendeel hy het geeïs dat dit sy reg was om openbare byeenkomste te hou, net soos ander groepe. ‘n Regsonderneming het Nicky se saak bepleit, en die saak gewen.

Toe Nicky sy byeenkoms in Hackney gehou het, het die Heilige Gees gekom en Jesus verheerlik. Die ouditorium was elke aand gepak en teen die einde van daardie week het 1,500 mense hulle hart vir Christus oopgemaak. Dit het bendeleiers en prostitute en verslaafdes ingesluit. Sewe bendes het tydelik vir vrede gevra. Na Nicky se byeenkomste het die misdaadsyfer in Hackney met 14 persent gedaal.

Ek vra jou: was al daardie woede op Nicky gerig? Nee, dit was gerig op die verlossings krag van Christus, die omskeppende krag van die Evangelie. En dit is losgelaat as gevolg van die vrees om van sonde oortuig te word. Dink daaraan: as dwelmverslaafdes vrygemaak word van hulle verslawing … as moordende bendelede nuwe mense in Christus word … as homoseksueles en prostitute ‘n getuienis ontvang dat niks onmoontlik is vir God nie, dat hulle wonderbaarlik vrygemaak is … as God se liefde sulke onverbeterbare bendes kon bereik … dan kan hierdie liefde alle verslawings-kettings breek. Is dit dan ‘n wonder dat Satan se woede opgewek was?

Die woede van sondige mense teen Christus en sy kerk sal nooit tot bedaring kom nie.

Geen kompromie, liefde of verdraagsaamheid sal ooit hierdie demoniese woede blus nie. In teendeel, dit sal net erger word, baie erger. Op die oomblik verwerf hierdie woedende magte meer en meer politieke mag, hulle kompeteer vir amptelike betrekkinge en word aangestel. Dit gebeur oor die wêreld heen.

In sommige dele van die Europese Unie is dit onwettig om Christus te preek met die vryheid wat ons in die Verenigde State geniet. Baie evangeliese prediking word as “partydige wanvoorstelling” beskryf. Ek vrees dat die dag sal kom dat dit ook in Amerika sal gebeur.

Koning Dawid was oorweldig teen die anti-God gees van sy dag. Hy roep uit tot die Here. “Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met ‘n geweldige haat” (Psalm 25:19). So vertel Psalm 124:2-3 ook: “As die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het.”

Dawid gee uitdrukking aan dit wat baie in die kerk, vandag, voel. Soms lyk dit of ons hulpeloos staan teen die vyandelike magte. Selfs die howe doen mee, om ons gemeenskap nader en nader aan die poorte van die hel te bring. Ek kan dit skaars glo hoe die moraal van ons land daagliks dieper in die modder vertrap word.

Sal die Here dit toelaat dat hierdie woede teen Hom en sy kerk toeneem, totdat ons gemeenskap soos die van Sodom word, met elke mens wat sy eie wette maak? Nee, nooit! Op die oomblik ervaar ons die Here se ongelooflike geduld. Hy gaan die oordeel bring, maar al sy oordeel het die doel om te verlos. Jesaja gee vir ons ‘n beeld hiervan:

“Ek is die Here, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beeld nie. Kyk die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor…

“Die Here sal uittrek soos ‘n held; Hy sal die ywer opwek soos ‘n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja, uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar. Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing. Ek sal uitskreeu soos een wat baar, Ek sal hard asemhaal en hyg tegelykertyd…

“Ek sal blindes lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.

“Maar die wat op gesnede beelde vertrou, wat aan gegote beelde sê: Julle is ons gode – die sal agteruitwyk, diep beskaamd staan. Hoor, julle dowes, en kyk, julle blindes, om te kan sien” (Jesaja 42:8-9, 13-14, 16-18).

Geliefdes, hierdie goddelike genade wat Jesaja beskryf het van Saul, die vervolger, Paulus die apostel gemaak. Dit het ‘n multimiljoen kerk in kommunistiese China tot stand gebring. Dit stuur Islamitiese vlugtelinge in die liefhebbende arms van Christene. En op die oomblik, het dit, by ‘n “Teen Challenge” sentrum in ‘n Islamitiese land, 500 dwelmverslaafdes vrygemaak, wat gretig is om Christus te preek. God stort sy vrymakende genade uit in hierdie laaste dae.

Ons hoef ons nie te ontstel oor die gevegte wat Satan oënskynlik wen nie. Die geveg waarin ons staan is ‘n ewige stryd. En die hekke van die hel sal Christus se kerk nie oorweldig nie. Ons Vader het dit verklaar: Jesus heers reeds as Koning!