DIE TEENWOORDIGHEID VAN GOD

David Wilkerson

Die Ou Testament is vol verhale van die wonderlike seëninge wat kom vir diegene, wat in God se teenwoordigheid gewandel het.

God se teenwoordigheid was so duidelik in Abraham se lewe, dat selfs die heidene rondom hom die verskil tussen sy en hulle lewens gesien het: “In dié tyd het Abiméleg...met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen” (Génesis 21:22). Die heidense koning het gesê, “Daar is iets anders aan jou, Abraham, God is met jou oral waar jy gaan.”

God het aan Josua belowe dat as Sy teenwoordigheid met hom was, geen vyand teen hom sou kon staande bly nie: “Niemand sal teen jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. Wees sterk en vol moed” (Josua 1:5-6). Wanneer God se Gees in ons teenwoordig is, kan ons sterk en vol moed wees, omdat ons vertrou op sy beloftes.

God het Jesaja vertel van ‘n spesiale belofte wat Hy gemaak het aan diegene wat Hy liefhet: “Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos: Ek het jou by die naam geroep: jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie...Want Ek is die HERE, jou God...Omdat...Ek jou liefhet...Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou” (Jesaja 43:1-5, my kursief).

Met God se teenwoordigheid in jou, kan jy deur enige vuur gaan en jy sal nie net oorleef nie, maar sal deur dit alles heen bewaar en beskerm word.

Hierdie Ou Tesamentiese verhale is nie net stories nie. Dit is bedoel om ons te bemoedig om God vir Sy teenwoordigheid in ons eie lewens te vertrou.