DIE STYGENDE GEROEP

David Wilkerson

Ons God het ‘n heilige oorblyfsel in elke nasie. En tans is Hy besig om ‘n volk voor te berei wat hulleself opgewek het om Hom aan te gryp. In klein kerkies en byeenkomste dwarsdeur die wêreld – in China, Indië, Europa, Afrika en Suid-Amerika – is daar ‘n aanhoudende geroep wat opstyg en dit word meer intens:

“O, God, daal neer! Stuur u Heilige Gees vuur! Brand alle vlees weg en openbaar U teenwoordigheid.”

Hulle weet dat Jesus se woorde aan Sy dissipels ook op hulle van toepassing is: “My Gees sal alles verander, binne ‘n oomblik se tyd. Alle berge van hardheid en ongeloof sal wegbrand en almal wat jou teëgestaan het, sal nou om jou saamdrom.” Wanneer dit gebeur, sal daar geen advertensies wees van die geleetheid nie – geen televisie kamera’s, geen gevierde evangelis, geen organiseerders wat ‘n “herlewing” opvoer nie. In plaas daarvan, sal daar slegs desperate, honger mense wees wat wag op die Here om Homself in sy heerlikheid en reddende krag te openbaar.

WÊRELD BUITE BEHEER

God se mense weet Hy is die enigste volhoudende bron in hierdie kommerwekkende tye en binnekort sal die wêreld dit weet. Terwyl die ekonomie wêreldwyd dieper sink – terwyl Iran en Rusland al hoe meer dreig en wêreldwye rampe plaasvind – sal mense nie ‘n boodskap van selfvervulling duld nie. Hulle sal eis om die werklikheid van God in ‘n wêreld wat buite beheer is, te ken.

Die belofte wat God vir Jesaja gegee het, is vandag van toepassing:

“Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U” (Jesaja 4:4, kursief myne).