Die Strik Is Gebreek

Ontsnap uit alle sataniese strikke
David Wilkerson

“Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! Ons siel het vrygeraak soos ‘n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het (Psalm 124:6-8).

In Psalm 124 lees ons van voëlvangers en hulle strikke. Jy het al van voëlvangers gehoor. Hulle was professionele voëlvangers in die dae voor vuurwapens. Hulle het voëls gevang deur ‘n vangnet op die grond te span en dit aan ‘n veer wip of strik te bind.

Die voëlvanger sou van die koring strooi op die grond naby die wip wat hy gestel het. Dan, as die voël die koring eet, sou die wip afgaan en ‘n net sou oor die voël sprei en dit vang.

Dikwels in Bybelse dae, sou ‘n voëlvanger ‘n voël se ooglede aanmekaar werk en dit in ‘n hok aanhou. Op daardie manier sou die voël se geroep groot getalle voëls lok. Die klank van die voël se wanhoop sou ander voëls se nuuskierigheid prikkel en as hulle kom kyk om ondersoek in te stel, sou hulle ook verstrik word.

Voëlvangers het hulle inkomste gekry uit die gevangde voëls op verskillende maniere. Sommige het voëls verkoop aan mense om as troeteldiere aan te hou. Ander het dit verkoop om as offers te gebruik, veral duiwe. Ander voëlvangers het kleiner voëls verkoop aan die armer klasse, wat hulle gebruik het vir kos. In hierdie geval, was die voëls verslind.

Verskeie gedeeltes dwarsdeur die Bybel vergelyk ons siel met ‘n voël: “Ons siel het vrygeraak soos ‘n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak” (Psalm 124:7). “Is my erfenis vir My dan soos ‘n bont roofvoël...” (Jeremia 12:9).

Volgens die Bybel, is die voëlvanger die duiwel self!

Satan is heeltemal vasbeslote om elke gelowige wat in heiligheid en algehele toewyding aan Jesus Christus wandel, te probeer omverwerp. Die duiwel weet inderdaad waar jy woon en werk – elke pad wat jy neem, elke voetstap. En hy volg al jou komme en gane.

Verstaan asseblief – Satan is nie alomteenwoordig nie. Hy kan nie oral wees op dieselfde tyd nie. Hy weet ook nie alle dinge nie; anders sou hy God wees. Maar onder sy bevel, het hy menigtes van demoniese wesens, owerhede en magte van die duisternis. En hierdie bose werkers kan jou agtervolg. Hulle gaan rond soos voëlvangers en lê strikke om jou in te verstrik – weggesteekte, slu en duiwelse lokvalle!

Die Psalmis skryf:

  • “Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot. Trotsaards het vir my ‘n vangnet gespan en toue; hulle het ‘n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel” (Psalm 140:5-6).
  • “...Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ‘n vangnet vir my gespan” (Psalm 142:3).
  • “Die goddelose het vir my ‘n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie” (Psalm 119:110).

Die Bybel maak dit duidelik: Demoniese magte is aan die werk om strikke vir Christene te stel!

Satan beperk egter nie sy voëlvangerwerk tot bose owerhede nie. Hy gebruik ook goddelose mense om demoniese strikke te stel: “Die goddelose het vir my ‘n vangnet gespan...” (Psalm 119:110).

Dit is waar – Satan het ‘n leër van die mees geslepe, bekwame voëlvangers op aarde. Hy gebruik owerspelige mans om uit te gaan en onskuldige vroue te verlei. En hy gebruik drukkers van pornografie om geslagte mans uit te lok en te verstrik met onbeskryflike onreinheid.  

Satan gebruik ook voëlvangers op die strate om dwelms te smous. Dwelmkartelle maak fortuine – menigte miljoene dollars – terwyl hulle teer op jongmense en hele gemeenskappe verslaaf. Sy helse leërs verstrik mense in ‘n lewe van verslawing en armoede.

Vandag tree hele state se regerings op as voëlvangers van die vyand. Hulle verstrik miljoene mense in dobbelary! Staatsagentskappe en munisipaliteite gebruik dobbelspeletjies wat ontwerp is om geld te wurg uit mense wat daarin vasgevang is om skielik ryk te word. Die gevolg is dat Amerika vinnig een groot lotery word. Die dag sal moontlik kom wanneer ‘n nasionale lotery ‘n instelling sal word.

Al hierdie dinge is voëlvangers van die vyand wat gekom het om ons samelewing te vernietig! Hulle konkel en sweer saam om mense van hul heel laaste dollar te beroof. En diegene wat die meeste ly, is die armes en die kinders. Dikwels was daardie laaste dollar veronderstel om gebruik te word om eenkant gesit te wees vir kos- en melkgeld.

Die mees tragiese van dit alles, is egter hierdie droewige waarheid: Satan gebruik geestelik blinde Christene om sy strikke vir mense van God te stel! Dit is reg – die duiwel gebruik werklik gelowiges as voëlvangers. Daar is baie hardhartige, jaloerse Christene wat gretig saamsweer om goddelike, regverdige mans en vroue van God te ruïneer en te vernietig. Hulle verbly hulle in wraak – om iemand wat hulle verafsku te probeer verstrik!

Die Skrif sê vir ons dat sekeres uit God se volk teen Jeremia saamgesweer het: “...Want hulle het ‘n kuil gegrawe om my te vang en vangnette voor my voete gespan” (Jeremia 18:22).

Dit is duidelik in die konteks van hierdie gedeelte dat Jeremia van God se volk gepraat het: “...die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem...” (Jeremia 18:11).

Hy het in wese gesê, “Sommige wat hulself kinders van God noem, is daarop uit om my te verstrik. Hulle wil die getuienis wat God vir my gegee het, vernietig!”

Ek vra vir jou – waarom sou enigeen wat homself ‘n volgeling van Jesus noem, homself toelaat om deur die duiwel gebruik te word om sy broer of suster in ‘n lokval te lei en te verstrik? Waarom sou hy kosbare tyd deurbring om saam te sweer om ‘n ander Christen te ruïneer of om ver te werp?

God se Woord lys twee redes hiervoor. Laat my dit met julle deel:

1. Jaloesie oor ander Christene se respek en eer onder mense!

Sommige gelowiges is jaloers oor die aanvaardig en hoë agting wat ‘n ander Christen ontvang – iemand wat meer as hulle vereer word. Ongelukkig is hierdie soort gesindheid algemeen in die kerk. Dit gebeur ook heeltyd in die bediening. Herders wat geen hart vir Jesus het nie, skinder en sweer altyd saam teen mense wat Christus in hulle plek opgerig het. Hulle wou nie die prys betaal nie – en nou het iemand anders gekom wat hoog geag word deur God!

Die boek Ester vertel vir ons dat Haman hom verlustig het in die eer wat deur Koning Ahasvéros aan hom gegee is. Haman was een van die koning se raadgewers – maar Haman was nie tevrede met die rykdom en eer wat hy uit sy posisie verkry het nie. Jy sien, daar was een persoon in die koninkryk wat Haman nie kon verdra nie – ‘n Jood genaamd Mórdegai.   

Haman het gewoonlik hulde van alle mense ontvang. Maar Mórdegai wou nie voor Haman buig of vir hom opstaan nie. Mórdegai het niemand behalwe God gevrees nie – en hy sou nie buig voor enigeen behalwe Hom nie.

Die gevolg was dat Mórdegai die respek en eerbied van die mense gehad het. Hy was bekend as eerlik en opreg, ‘n man wat jy nie kon koop nie. En dit het Haman se trotsheid verteer. ‘n Woede het in Haman opgestaan – omdat hy gesien het dat God iemand bo hom vereer!

Die Skrif sê Haman was “...met woede vervul teen Mórdegai” (Ester 5:9). En hy het toegelaat dat sy jaloesie hom verteer. Hy was ‘n welgestelde man, geëer deur die koning, genooi na die paleis deur Koning Ester. Hy het hoog gevlieg. Maar niks daarvan het vir hom saak gemaak nie. In plaas daarvan, was sy gedagtes verteer met afguns: “Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mórdegai in die poort van die koning sien sit” (Ester 5:13).

Gou het Haman begin konkel om Mórdegai in ‘n strik te vang. Dit was ‘n ontsaglike sameswering, ontwerp om al die Jode te vernietig, en in hierdie proses ook vir Mórdegai. Haman was so verteer deur afguns, dat hy onderneem het om ‘n hele volk te vernietig net om by een man uit te kom!

Maar op die ou end, het Haman se jaloesie hom sy lewe gekos. Toe sy komplot geopenbaar is, was hy gehang op die galg wat hy vir Mórdegai gebou het. Wat ‘n prys vir hom om te betaal!

Die Bybel se waarskuwing hier is baie duidelik: Enige Christen wat verteer word deur jaloesie weens God se seën en goedkeuring van ‘n ander mens, sal soos Haman opeindig – verstrik in sy eie strik!

“...hulle het ‘n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in” (Psalm 57:7).

“...sy horing word verhoog in eer. Die goddelose sien dit en is vererg; hy kners met sy tande en smelt weg; die begeerte van die goddelose mense vergaan” (Psalm 112:9-10).

2. Haat teenoor iemand anders se heiligheid!

Sommige Christene kan dit nie verdra om “oortref te word” deur iemand wat meer heilig of regverdig voorkom as hulle nie. Hulle sien ‘n broer of ‘n suster deur die Here vereer word – en dit maak hulle woedend!

Daar is groot krag in goddelikheid en groot gesag in heiligheid. Beide word egter verafsku deur Christene wat nie die prys wil betaal nie – mense wat eens die aanraking van God gehad het, maar nou, wees kompromis, nie langer sy seën geniet nie. Wanneer iemand verbykom wat meer heilig en toegewy geag word as hulle, word hulle jaloers op dit was hulle verloor het. Hulle gee plek vir ‘n jaloerse haat – en hulle sal nie rus nie, totdat hulle daardie goddelike persoon geruïneer of vernietig sien!

Wees eerlik, geliefde: Niks word meer gehaat as die krag en geestelike gesag wat ‘n heilige lewe vergesel nie. En niemand sal meer gehaat, belaster, beny en beswadder word as die Christen wat heiligheid uitstraal nie.

As ons harte egter reg is met God, en ons sien groot toewyding in ‘n medegelowige, sal ons juig in die krag en gesag wat God aan hom geskenk het. En ons sal toelaat dat daardie broer se heilige lewe ons uitdaag en aanspoor om ‘n dieper wandel met die Here te verkry.

Baie gelowiges weier egter om ontslae te raak van ‘n bose jaloesie in hulle harte. Beskou hierdie voorbeelde:

  • Ek het in ‘n kar gery langs ‘n broer wat deur ontsaglike finansiële swaarkry gegaan het. ‘n Ander broer het in die geselskap ter sprake gekom, iemand wie se finansies grootliks deur die Here geseën was. Die man in die kar het skieilik rooi van woede geword. Hy het snedig gesê, “Elke keer as ek aan hom dink waar hy daardie nuwe kar ry, daardie nuwe groot huis besit, en al daardie seëninge geniet – kan ek dit nie verdra nie. Dit verteer my! Ek ly so baie. Wanneer ek al die dinge sien wat hy kry, kry dit my onder.”

               Groot are het op hierdie mans se nek gebult. Sy jaloesie en woede het oorgekook!

  • Toe Kain gesien het hoe sy broer, Abel, geseën en goedgekeur was deur God, het ‘n jaloesie so erg in hom opgestaan dat hy moord gepleeg het. Hy was afgunstig op sy broer sy intieme wandel met God!

Dawid is ‘n voorbeeld van ‘n gelowige man wat teen ‘n ander saamgesweer het. Hy het ‘n strik vir Uria, ‘n offisier in sy leër, gestel nadat hy Uria se vrou verwagtend gemaak het. Hy het Uria van die voorste linies weggeroep en hom beveel om tyd saam met sy vrou deur te bring. Hy het gehoop Uria sou intiem wees met haar en op so ‘n manier Dawid se sonde van owerspel toesmeer.

Maar Uria het nie huistoe na sy vrou gegaan nie. In plaas daarvan, het hy gesê, “Hoe kan ek my vrou geniet wanneer die leër van die Here daar buite ly? Ek sal hier bly en ly soos hulle.”

Dit moes ‘n verskriklike bestraffing vir Dawid gewees het. Hy het toe nóg ‘n strik vir Uria gestel. Dawid het hom beveel om na ‘n groot feesmaal by die paleis te kom, waar hy Uria vol wyn gemaak het. Dawid het gedink, “As ek hom net dronk kan kry, kan hy huistoe geneem word in ‘n dronk bedwelming en in die bed gesit word. Op daardie manier, sal hy dink dat hy sy vrou verwagtend gemaak het.”

Maar daardie nag het Uria buite sy huis geslaap en die vertroosting van sy vrou geweier.

Nadat hy weer met sy komplot misluk het, het Dawid saamgesweer om Uria op die voorste linies te plaas in ‘n hopelose stryd, met die wete dat hy sou sneuwel. En dit is presies wat gebeur het.

Dawid se sonde deur ‘n komplot te smee teen Uria, was geag as sy grootste sonde in God se oë. “Waarom?” mag jy moontlik vra. “Het Dawid nie ook owerspel gepleeg met Bátseba nie? En sê die Bybel nie hy het gesondig en gebrek aan geloof getoon toe hy na die Filistyne gevlug het vir beskerming teen Saul nie?

Ja! Die Skrif sê ook vir ons Dawid het gesondig in sy oorhaastige besluit om Nabal dood te maak, totdat Abigail gekom het en hom van plan laat verander het. Dawid het ook gesondig toe hy die volk laat tel het, ‘n sonde van hoogmoed en hebsug.

Dawid het ook gesondig omdat hy nie beheer oor sy kinders uitgeoefen het nie. Hy het nooit ‘n woord teen Absalom gepraat nie – en die jongman het opgestaan en sy vader se troon vir homself toegeëien. Daardie sonde van ‘n vader se nalatigheid het uiteindelik Dawid se seun se lewe gekos.

Daar was baie sondes in Dawid se lewe. As ons egter kyk na wat God se Woord oor hierdie onderwerp sê, is die enigste sonde wat genoem word, die strik wat Dawid vir Uria gestel het: “...omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Uria, die Hetiet” (1 Konings 15:5).

Hierdie vers noem nie vir Bátseba nie. Dit noem nie een van Dawid se ander sondes van ongehoorsaamheid nie. Liewer, dit sê die een ding waardeur Dawid van God afgewyk het, was toe hy ‘n strik gestel het – toe hy teen ‘n onskuldige man saamgesweer het!

Wat ‘n verskriklike prys het Dawid betaal vir sy komplot teen ‘n medegelowige. Watter groot moeilikheid het dit op hom en sy familie gebring: Sy dogter was verkrag, Sy seun Ammon was doodgeslaan tydens ‘n dronk bedwelming aan die hand van Absalom. Die hele Israel het Dawid verlaat en rondom Absalom saamgedrom. En sy vroue en byvroue was onteer deur sy seun, wat nou oor die koninkryk regeer het.

Dawid was geforseer om heen en weer te loop en te gaan wegkruip om sy eie lewe te red. Die ergste van alles, die Bybel sê, hy het die vreugde van sy verlossing verloor: “Gee my weer die vreugde van u heil...” (Psalm 51:14).

Die blydskap van die Here was weg uit Dawid se lewe.

Geliefde, God wys vir ons Sy minagting vir hierdie sonde van strikke te stel vir ‘n mede Christen. Jy betaal ‘n verskriklike prys – en jou familie betaal die verskriklike prys – wanneer jy ‘n strik stel vir ‘n ander gelowige!

Mag God die Christen help wat vasklou aan sy jaloesie op ‘n broer of suster. As daardie soort gees in jou hart is, sal Satan jou sekerlik weglok na een of ander soort demoniese komplot. Hy sal jou mislei om aan te sluit by ‘n wraakgierige komplot teen daardie persoon – maar jy sal slegs moeilikheid op jouself en jou huishouding bring!

As jy jou baas beswadder of ‘n medewerker afkraak...as jy betrokke is in wrede geskinder...as jy deelneem aan ‘n komplot van enige aard...as jy iemand se naam op enige manier beswader, dan stel jy ‘n strik. En God haat dit! Hy sal jou komplot onthou. En Hy sal veroorsaak dat jy val in die put wat jy gehelp het om vir ‘n ander te grawe!

Dit maak nie saak wie ‘n toegewyde kind van God probeer verstrik nie – die duiwel, goddelose mense of ander Christene – dit sal nie slaag nie!

Dikwels sal Satan jou aanval om ‘n groot werk van die Here stop te sit. Hy sal geswore vyande laat saamspan, net om jou werk te verhinder. Hulle sal verenig teen jou kom – en probeer om die bedienaar te diskrediteer, sodat hulle die bediening kan stopsit!

Jy kan egter hiervan seker wees: As jy op ‘n goddelike sending is – as jy ‘n werk doen vir die Here en besig is om daardie werk te doen, terwyl jy Jesus vertrou – sal niemand se komplotte teen jou uitwerk nie.

Nehemia was deur God geroep om die mure van Jerusalem te herbou. Die werk het wonderlik gevorder, met die mure wat voortdurend opgegaan het. Toe, skielik, het Satan ‘n byenes oopgekrap om dit alles te keer. Vier BBP leiers het verenig in ‘n komplot teen Nehemia – Sanballat, Tobia, Gesem die Arabier en ‘n profetes met die naam Noadia. Nehemia het gesê, “...hulle het gemeen om my kwaad aan te doen” (Nehemia 6:2).

Vier keer het hierdie leiers ‘n strik gestel. Hulle het Nehemia geroep, “Klim van jou muur af. Ons wil met jou ‘n vergadering hou. Ons dring aan om met jou te praat!”

Maar vier keer het Nehemia gesê, “Ek gaan nie van hierdie mure afklim nie! Ek het werk om hier te doen – omdat God my aangestel het om dit te doen!”

Geliefde, jy kan nie betrokke raak om met mense te argumenteer, net omdat hulle wil argumenteer nie. Dit is alles bedoel om jou aandag af te trek. Jy moet voortgaan met God se werk!

Jy moet verstaan – die rede waarom Satan kom teen jou gebedslewe, jou toewyding aan God en jou wandel met Hom, is nie net om jou te laat val nie. Hy wil ook die bediening wat God vir jou gegee het, ruïneer. Hy wil enigiets wat jy doen wat eer aan God bring, vernietig!

Hierdie vier BBPs het ‘n reeks gerugte teen Nehemia begin. Hulle het aanspraak gemaak daarop, “Jy doen dit vir jouself, nie vir God nie!” Een van hulle, Tobia, het lasterlike briewe na ander leiers in Israel gestuur. Die gevolg was dat, “Want baie in Juda was deur ‘n eed aan hom verbonde...” (Nehemia 6:18).

Al die laster, komplotte en strikke was ontwerp om vrees in Nehemia se hart in te boesem, met die hoop dat hy moedeloos sou word en vlug. Nehemia het die komplot opgesom in vers 13: “sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.”

Maar nie een van hierdie strikke kon die werk van God keer nie! Die Skrif sê: “En die muur is voltooi...En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel, en hulle het erken dat hierdie werk deur ons God gedoen is” (Nehemia 6:15-16).

Dit maak nie saak wie die strik stel nie – die duiwel, goddelose mense of jaloerse Christene – ons kan nie die strik raaksien as ons daar kom nie!

Dawid skryf: “Trotsaards het vir my ‘n vangnet gespan...” (Psalm 140:6).

Die strik wat die duiwel of die goddelose vir jou stel, is iets wat jy nie kan sien nie. Dit word in die geheim gedoen: “...Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ‘n vangnet vir my gespan” (Psalm 142:3). “...hulle spreek af om strikke te span...” (Psalm 64:5).

Die Skrif sê inderdaad vir ons, “Want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls” (Spreuke 1:17).

As ‘n voël die voëlvanger ‘n wip sien stel, sal dit wegvlieg. Net so, sal die duiwel nie ‘n strik stel wat jy kan sien nie. Hy gaan nie vir jou sê waar of wanneer dit gestel is nie. Nee – hy doen alles in die geheim, uit die oog uit!

Die profeet Miga lig ons in dat hierdie strikke voorafbeplan en goed uitgedink is in die geheim. ‘n Voëlvanger sal die hele nag wakker bly terwyl hy beplan hoe om die onskuldige te verstrik: “Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand” (Miga 2:1).

Ongelukkig, val baie gelowiges in hulle strikke!

Miskien is jy tans gevang in ‘n strik – vasgevang deur die vyand. Eens op ‘n tyd was jy soos ‘n voël wat rondgevlieg het en ‘n pragtige liedjie gesing het. Jy het jou vlerke van geloof gesprei en in die hemel in gesweef. Jy het geweet wat dit beteken om vry in Christus te wees.

Maar die vyand het ‘n strik vir jou gestel – hy het sy net uitgesprei en die koring naby neergesit – en jy het daarvoor gegaan. Jy het afgevlieg, met jou voet in die voëlvanger se net getrap en die wip het gespring. Jy is gevang!

Geliefde, wat was die duiwel se strik vir jou? Was dit ‘n ou gewoonte – dwelms, seks, alkohol, pornografie, owerspel, hoerery? Was dit lieg, steel, hebsug, kredietkaardskuld, bedrog op een of ander manier, ongehoorsaamheid? Dit maak nie saak watter soort strik hy vir jou gestel het nie, jy moet besef dat jou val waarskynlik nie voorafbeplan was nie. In teendeel, jy het skielik daarin gevlieg. Die duiwel het geweet jy het ‘n swakheid in jou en hy het jou daarmee verstrik.

Vandag sit jy in bande van slawerny en voel vasgevang deur jou sonde. Jy blameer jouself voortdurend en dink, “Hoe kon ek so ‘n ding gedoen het? Ek is onheilig, onrein. Ek kan dit nie oorwin nie. Ek sal nooit nie!” Maar om jouself op daardie manier te straf, is ‘n absolute mors van tyd! Dit sal jou nooit uit die net uit kry nie. Jy sal nooit in staat wees om uit te vind waarom jy so dwaas, blind en roekeloos kon wees om terug te val in die duiwels se strik nie.

Ek het egter ontsaglike nuus vir jou. As jy verstrik is deur die vyand – as jy in sy strik getrap het, maar jy weet egter jy het God lief met jou hele hart – sal die Here nie toelaat dat jy die vyand se slagoffer is nie. Hy sal nie toelaat dat jy in die duiwel se tande bly nie. Jy is op die punt om vrygelaat te word!

“Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie” (Psalm 124:6)

God beloof dat jy nie verstrik sal bly nie! Laat my die beeld vir jou skilder.

Stel jou voor ‘n voëltjie is verstrik in die voëlvanger se wip. Hy lê daar hulpeloos – sy klein hartjie klop met vrees en angs, sy vlerke klap wild teen die net, maar verniet. Hoe meer hy stry, hoe meer gehawend en gekneus word hy. Bevrees begin hy te roep en skreeu. Maar ontsnapping is onmoontlik. Hy is heeltemal oorgegee aan die genade van die voëlvanger.

Geliefde, daardie voëltjie is jy – verstrik deur die net van sonde! En die voëlvanger is die duiwel, die bose. Hy het sy strik gestel en jou daarin gevang.

Beskou nou daardie verstrikte voëltjie en sê vir my hoe hy moontlik deur sy eie krag en mag daar sal uitkom. As hy stry om deur die net te breek, sal hy selfs meer verstrik word. Hy mag moontlik selfs ‘n vlerk breek of doodbloei. Hy kan homself nie verlos nie. Dit is nie binne sy krag of vermoë nie!

Is dit nie die beeld van ons wanneer ons in sonde verstrik is nie? Ons kan allerhande beloftes aan God maak. Ons sukkel en roep en probeer losbreek van ons slawerny. Maar ons bly vasgevang. Ons het ons vryheid verloor!

Dink weer aan die voëltjie wat verstrik is in die net. Daardie nag gaan die voëlvanger bed toe terwyl hy droom van hierdie besonderse klein voëltjie wat hy soek. Hy kan skaars slaap, want hy is so angstig om uit te gaan die volgende dag om te sien of hy hom gevang het.

Sowaar, toe die voëlvanger naby die strik kom, sien hy dat dit afgegaan het. Skielik word hy opgewonde: Hy verwag om ‘n uitgeputte, bloeiende, bang, half-dooie klein voëltjie in die vangnet te sien. Maar, kyk, toe hy ondersoek instel, sien hy dat die vangnet geskeur is – stukkend. Die voëltjie sweef weereens!

Ons vind die klein voëltjie beseer hoog in ‘n boom op God se berg. Hy is vry en sy wonde is besig om te genees. En dit is alles omdat die Here gekom het en die vangnet oopgeskeur het!

Daardie klein voëltjie sê vir homself, “As dit nie vir die Here was nie – as Hy nie gou na my kant toe gehaas het nie – sou ek ingesluk en verslind gewees het. Die woedende jagter sou al my vlerke afgeskeur het. Sy siedende haat sou my vernietig het. Maar God het die strik verbreek. Hy het my uit die tande van die vangnet uitgeruk!”

“Ons siel het vrygeraak soos ‘n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak” (Psalm 124:7).

Die vangnet is geskeur – en ons het ontsnap!

Hoe het die voël die strik ontsnap? Deur op die hulp van die Here te vertrou!

Hoe het jy uit die strik van ‘n boesemsonde uitgekom? Na wie het jy uitgeroep vanuit die net, “Ek wil my vryheid terug hê!”

Eerstens, stel jouself voor as ‘n voël in die voëlvanger se strik. Staan stil. Moenie jou vlerke klap nie; moenie stry nie. Daar is ‘n geheim van verlossing vir jou, en dit is nie ingewikkeld nie:

“Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het” (Psalm 124:8).

Jou ontsnapping is in die naam van Jesus – in Sy ontsaglike, heerlike, almagtige naam!

Al wat jy moet weet is dat Hy aan jou kant is. Hy is nie vir jou kwaad omdat jy in die strik getrap het nie. Hy is nie teen jou nie. Nee – Hy hoor jou geroep! Nie eens ‘n mossie val op die grond sonder dat Hy daarvan weet nie!

Hier is wat die voël van vryheid vir homself sing: “Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes...Omdat Hy my liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom weesl Ek sal hom uitred en eer aan hom gee” (Psalm 97:2-3, 14-15).

Wees gerus, geliefde – God sal jou verlos! Maak nie saak wat jou mislukking, jou moeilikheid, jou strik is nie, Hy is aan jou kant. Staan net stil en sien Sy verlossing. Selfs al is jy swak, jy kan na Hom uitroep. Hy beloof om te kom en die net weg te skeur!

Hy het gekom om jou uit jou wanhoop uit te haal – om die strik wat jou bind te breek en jou vry te maak.

Halleluja!