DIE STILLE WERK VAN DIE HEILIGE GEES

David Wilkerson (1931-2011)

Sommige Christene is altyd in 'n krisis en dit lyk of hulle jou alles wil vertel van die probleme wat hulle beleef. Hulle voel ‘n behoefte om hulle probleme aan ander te beskryf, maar dit lyk of hulle huiwerig is om dit na Jesus toe neem, asof Hy niks het om hulle te bied nie.

Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek verwys nie na Christene wat deur ‘n regte, grondige probleme gaan nie. Maar dit is ‘n belangrike teken van volwassenheid om God nie uit te daag om Homself aan jou te bewys met sigbare bewyse of ‘n sterk innerlike stem nie. Die Here sê Sy skape ken Sy stem, maar dikwels is die stem wat God gebruik met Sy kinders vandag, geopenbaar in Sy woord. Ons lees: “Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het” (Hebreërs 1:1-2).

Wanneer die Heilige Gees met ons praat, is dit om ons aan Jesus se woorde te herinner: "Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Johannes 14:26).

Eenkeer het ek ‘n groep bedienaars toegespreek en was gelei deur die Heilige Gees om die herders se vrouens vir mekaar te laat bid. Terwyl hulle mekaar se hande vasgehou en vir mekaar begin bid het, het die heerlike teenwoordigheid van die Here op die vrouens neergedaal en hulle het begin huil en dinge met mekaar dinge gedeel. Daar was geen gedonder of weerlig of enige ander bonatuurlik bewyse nie, maar ‘n pragtige, stil werk van die Heilige Gees was besig om plaas te vind. Later het ons gehoor van vroue wie se lewens verander is tydens daar die kosbare tyd saam met die Here.

Moenie in die strik trap om te soek na tekens en wonders nie; gehoorsaam bloot die Here, vertrou op Sy woord en laat die resultate aan Hom oor!