DIE SOEN VAN DIE VERLOSSER

Nicky Cruz

Wanneer ek by ‘n veldtog praat, soek ek gereeld na ‘n woordeskat om daardie bonatuurlike sensasie uit te druk, die oomblik toe Jesus in my lewe ingetree het en dit verander het. Maar ek kon nog nooit reg daaraan verleen nie. Die beste manier wat ek kon vind, was deur ‘n eenvoudige analogie.

Ek sê vir mense dat dit gevoel het of ek op ‘n operasietafel was, koud, kwaad en verward en Jesus was die chirurg wat oor my gestaan het. My hart was gebroke. Hy het saggies oorgeleun en my oë toegemaak en toe my borskas oopgemaak, Sy hand diep binne in gesteek en my hart uitgehaal. Hy het my hart in Sy hande gehou, ‘n hart gevul met haat en woede en ‘n bitterheid wat my opgevreet het – die gebrokenheid van my verlede en die vloek wat besig was om my lewe en siel te vernietig.

Jesus het stadig my hart geneem, na Sy lippe toe gebring en my hart gesoen. Hy het my hart gestreel en die wonde herstel. Toe het Hy dit teruggesit in my borskas en my toegemaak. Ek het oombliklik geweet dat ek beter was, dat my hart nie langer gebreek was nie. Op daardie oomblik het ek geweet ek was ‘n nuwe skepping. Ek het ‘n nuwe hart gehad - ‘n hart van liefde, van omgee en bekeerdheid. Al die gevoelens van haat en gegriefdheid was weg. My sondes was vergewe en einde ten laaste was ek vry!

Elke keer wanneer ek hierdie analogie gebruik dan veg ek nog steeds teen die trane. Die oomblik toe Jesus in my hart ingekom het en my gered het, is die kosbaarste ondervinding van my lewe. Voor daardie tyd het niemand nog ooit my hart gesoen nie. Dit was wat ek die meeste nodig gehad het van my nuwe Vader.

Dankie, dierbare Jesus!

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.