DIE SOEKE VAN ‘N LIEFDEVOLLE VADER

David Wilkerson (1931-2011)

Nadat Adam en Eva die verbode vrugte in die Tuin van Eden geëet het, het hulle vir God weggekruip toe hulle Hom in die tuin hoor wandel in die koelte van die dag (sien Génesis 3:8). En nadat Dawid met die vrou van een van van sy hoofkrygers gesondig het en toe gereël het dat die man in die oorlog gedood word, sodat hy met dieselfde vrou kon trou, sien ons Dawid in homself gekeer geraak het. Hy het geweier om oorlog toe te gaan en in plaas daarvan, in die paleis weggekruip. Hy het sy veglus verloor en was bang om God in die oë te kyk met onbelyde sonde.

Dawid het nooit gedink hy het weggekom met sonde nie; in teendeel, hy was ‘n baie beswaarde, skuldgeteisterde man wat uit die benoudheid van sy hart geskryf het: “Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my af weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil” (Psalm 51:13-14).

In die geval van Adam en Eva en ook Dawid, was God se oorvloedige seëninge baie duidelik sigbaar, maar tog het sonde ingetree. Hulle het vir God weggekruip as gevolg van hulle skuldgevoel, maar hulle liefdevolle Vader het hulle in sy groot liefde gaan soek en hulle teruggebring tot gemeenskap met Hom.

Net so, as jy van God af wegvlug weens onbelyde sonde, sien Hy jou wroeging en is bedroef daaroor. Hy het geen behae daarin om jou te sien ly nie en Hy sal die eerste skuif maak om jou met sy hart te versoen. Hy mag dalk iemand stuur om jou te bestraf en uit te daag, net soos Hy die profeet Natan na Koning Dawid gestuur het (sien 2 Samuel 12:1-15), of Hy sal iets anders gebruik. Maar sy liefde vir jou sal Hom nie toelaat om slegs toe te kyk en jou te laat gaan nie.

Die barmhartigheid van God is ver bokant my begrip! Maar wanneer jy gebroke voor Hom is, hoewel daar pynlike gevolge van jou sonde mag wees, sal sy genade jou in staat stel om uit die skadu’s uit te kom en jou gemeenskap met Hom te vernuwe.