DIE SMART VAN ‘N HART WAT TWYFEL

David Wilkerson (1931-2011)

Miskien het jy ‘n situasie gehad waaroor jy gebid het, maar dit het nie gelyk of jy verhoor word nie. Jy mag dalk sê, “Ek het in geloof gebid en God geglo, maar Hy het my nie gehoor nie. Ek het gewag en gewag, maar Hy het my nooit verhoor nie. Hoe kan ek my lewe oorgee aan God as Hy nie my gebede verhoor nie?”

Miskien is jy nie kwaad vir God nie maar jy het sekerlik jou vertroue verloor, wat jou daarvan weerhou om jou hart volkome aan Hom toe te vertrou. Daarom het jy opgehou bid en jy geniet nie meer die volheid van sy seëninge nie.

Jakobus spreek hierdie situasie baie duidelik aan: “Want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word” (Jakobus 1:6). Die King James Vertaling gebruik die woord “waver,” wat beteken om besluiteloos te wees. In hulle harte, wanneer die mense hulle versoeke rig, stel hulle God op die proef. In hulle harte sê hulle, “Here, as U my antwoord, sal ek U dien. Ek sal U alles gee! Maar as U nie verhoor nie, sal ek my lewe op my manier leef.”

God sal egter nie omgekoop word nie. Hy ken ons harte en Hy weet wanneer ons besluiteloos is oor ons verbintenis aan sy Seun. Hy reserveer die krag wat in Christus is, vir diegene wat ten volle aan Hom oorgegee is.

Ware geloof beskou al die probleme en lyding van God se mense wêreldwyd, alle hopelose situasies, en plaas al hierdie hartseer dinge op een kant van ‘n skaal. Geloof plaas Christus op die ander kant van die skaal en juig wanneer Christus al die sondes en verdrukking van hierdie wêreld oorweldig.

God was nooit van voorneme dat die duiwel ons harte en huise sou oorneem nie. Trouens, Hy wil hê ons moet ‘n verklaring maak, hard en duidelik. Ons moet ons posisie in Christus opneem en uitroep, “In die naam van Jesus Christus!”

Dit is tyd vir elke gelowige om op te staan en te verklaar. “Ek het lank genoeg met vrees geleef, en in die Naam van Jesus Christus, sal ek nie meer die dood, mense of die duiwel vrees nie.”