DIE SEËN VAN GOD VERKRY

Jim Cymbala

Een van die belangrikste geheime om die seën van God te verkry, is om te gee! Toe Moses sy laaste bevele en sy vaarwel toespraak teenoor die Israeliete gegee het, het hy spesifieke instruksies gegee oor iets genaamd “die derde-jaar tiende.” In teestelling met die gewone tiende, of tien persent jaarlikse offerandes, was die derde-jaar tiendes gereserveer vir ‘n ander doel.

“Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings in dié jaar en dit in jou poorte wegsit; dan moet die Leviet kom — omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie — en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen” (Deuteronómium 14:28-29).

Dit is belangrik om te sien wat God hier doen. Elke derde jaar, het die dorpe van Israel groot stoorplekke geword vir die tiendes van hierdie landbou nasie. Omdat die priesters van die stam van Levi nie toegelaat was om grond te besit nie, het God daarop aangedring dat die mense vir hulle op ‘n spesiale manier voorsien. Maar dit was nie al nie. Hierdie tiende was ook bedoel vir die kwesbare en minderbevoorregtes onder hulle.

Wat ‘n wonderlike, deernisvolle God dien ons. Hy het altyd ‘n spesiale plek in sy hart vir die swakkes, gebrokenes en verworpenes onder sy kinders. Deernis en besorgdheid oor die neerslagtiges is gewortel in die hart van ons Skepper.

Daar was egter meer aan die derde-jaar tiende as om vir die priesters en die behoeftiges te voorsien. Israel moes oorvloedig gee “sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.” Dit lyk asof die daad van met blydskap gee aan ander, eintlik die vensters van die hemel oopgemaak het, sodat die mense self geseën kon word.

God wil steeds die bonatuurlike dinge doen vir sy volgelinge wat Hom nadoen in deersnisvolle gawes. Dit is ‘n diepgaande waarheid en dit sal ons goed doen om dit in ons daaglikse lewe toe te pas.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.