DIE RYKDOM VAN DIE HERE SE GEBED

Carter Conlon

Jesus het gesê, “Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid” (Matthéüs 6:11-13).

En vergeef ons ons skulde.” “Vergewe my dat ek lui was en nie tyd gemaak het om die Woord te lees en te bestudeer nie. Soos Paulus vir Timótheüs gesê het, ek wil ‘n werker wees wat hom nie hoef te skaam nie (sien 2 Timótheüs 2:15). Met ander woorde, nie getriomfeer het in my dag nie. Vergewe my vir elke keer wat ek nie my daaglikse brood gesoek het nie, met die gevolg dat ek op die ou end te min krag gehad het om U voor te stel soos wat ek behoort te gedoen het. Vergewe my dat ek myself sonder die krag gevind het om te reageer op die ingewing van die Heilige Gees – vir die kere waarop U vir my gesê het om te praat en ek het nie; toe U my geroep het om te staan en ek wou nie; toe U vir my gesê het om lief te hê en ek kon nie.”

“En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.” “Laat my egter nie so mismoedig word deur my mislukkings dat ek met die duiwel saamstem waar hy my veroordeel nie.”

“Want aan U behoort die koninkryk.” “U koninkryk is die enigste een wat ewig sal bestaan. Eendag, sal die opinies, grootpratery en vloeke van die mens weg wees! U woorde is die enigste woorde wat ewigdurend is.”

En die krag.” “U Woord het die mag om die gesag van die dood te kanselleer en vir my die ewige lewe gee. U Woord het die mag om my te herskep en om my te neem waar U wil hê ek moet gaan.”

En die heerlikheid.” “Die heerlikheid van die hart wat U ken en U Woord ken; die heerlikheid om te weet dat die Woord in ons bly; die heerlikheid van ‘n veranderde verstand te hê – die heerlikheid wat aan God alleen behoort!”

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.