DIE REGVERDIGE SAL DEUR DIE GELOOF LEWE

David Wilkerson

“Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe” (Hábakuk 2:4, my beklemtoning).

Die frase wat ek hier beklemtoon, is bekend aan Christene dwarsdeur die wêreld. Vir eeue het “lewe deur geloof” die daaglikse besluite van gelowiges in elke geslag gemotiveer.

“Deur geloof” is die enigste manier waarop God se mense ooit in staat sal wees om rampspoed of verdrukking te oorleef. Dit was die enigste manier in Hábakuk se dag, dit was die enigste weg in elke Ou Testamentiese geslag, en dit was die enigste weg in Nuwe Testamentiese tye. Nou, in ons dag, staan dieselfde fundamentele waarheid steeds: “Die regverdige sal deur die geloof lewe.”

Wat beteken dit egter om deur geloof te lewe? God se Woord wys vir ons dit beteken meer as om eenvoudig te glo. Om deur jou geloof te leef, is om God se hand en sy heiligheid in alle teëspoed te sien:

“Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen” (Psalm 9:17).

“HERE, U hand is opgehef, hulle sien dit nie” (Jesaja 26:11).

JA, GOD SE HAND IS IN ALLES

Die wêreld sien nie dat God sy hand oplig om straf uit te deel nie. Maar diegene wat deur geloof lewe, erken, “Wat ons sien, is God se hand aan die werk. Dit is Sy heiligheid wat bevestig word. Hy bewaar Sy Woord.”

As ons deur geloof lewe, moet ons ‘n eerbiedige vrees hê vir God se almag. En vandag dit is onmoontlik om nie Sy ontsagwekkende almag aan die werk te sien in die wêreld nie.