DIE PUNT VAN ONS HULPELOOSHEID

David Wilkerson

In Johannes 2, was Jesus en Sy dissipels uitgenooi na ‘n bruilofsmaal in Kana.

“En op die derde dag was daar ‘n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie. Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie” (Johannes 2:1-4).

Dit is duidelik dat die Here se familie ook die uitnodiging gekry het, omdat Jesus se moeder daar was. Maria het selfs na Hom toe gekom met ‘n versoek: “Die gasheer se wyn het opgeraak.”

Jesus se reaksie op Sy moeder klink ‘n bietjie vreemd. Hy het vir haar gesê, “My uur het nog nie gekom nie.”

Wat was hierdie “uur” waarna Jesus verwys het? Hy het nie gepraat oor die oomblik van duisternis wat Hy drie jaar later sou beleef net vóór Sy kruisiging nie. Op daardie oomblik het Jesus gesê, “My uur het gekom.”

Maar hier in Kana het Hy van ‘n ander uur gepraat. Christus se bediening het in werklikheid pas begin. Dit was waarna Hy verwys het toe Hy vir Sy moeder gesê het dat Sy uur nog nie gekom het nie. Kort daarna het Hy inderdaad ‘n wonderwerk verrig deur ses groot kanne water in wyn te verander.

Laat my jou vra: Het jy al ooit gewonder waarom Jesus gewag het om hierdie wonderwerk te doen? Hy het gewag tot al die kanne leeg was; elke glas was sonder ‘n druppel – terwyl die bekommerde gasheer sy hande gewring het.

Ek sê vir jou, Jesus het by die bruilof gewag totdat alle menslike hulpbronne uitgeput was. Hy het gewag tot niks anders as ‘n wonderwerk die probleem kon oplos nie. Dit was tóé dat God se uur gekom het.

Hier is ‘n belangrike waarheid vir elke gelowige: Die uur van Christus se krag word geopenbaar op die punt van ons hopeloosheid.