DIE PRYS VERKRY

Gary Wilkerson

­­In vandag se kultuur is talle Christene verward oor die konsep van wen. Maar heel dikwels weet ons nie eens hoe om te omskryf hoe ‘n wen lyk nie. Herders dink dat om ‘n wenkerk te hê, moet hulle ‘n groter gebou, ‘n verhoogde begroting, ‘n effektiewe aanbiddingspan en ‘n wonderlike kinderbediening hê. Besigheidsmense dink dat om meer werknemers te hê, verhoogde wins te geniet, en aansien te bereik in hulle veld, neerkom op wen. Al hierdie dinge is natuurlik goed, en op ‘n manier, is dit ‘n wen. Maar Paulus definieer wen op ‘n ander manier en bring ons uit by die hoofsaak van God se boodskap, die evangelie van Jesus Christus, en hoe om die prys te behaal.

“Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Filippense 3:14-15).

“Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal” (1 Korinthiërs 9:24). Paulus gaan verder om te sê dat hy nie net doelloos rondswaai, “in die lug slaan” en met onsekerheid hardloop nie (9:26). Hy dissiplineer homself sodat hy nie gediskwalifiseer word in die resies nie. Te veel Christene jaag vandag rond in ‘n dosyn verskillende rigtings en strewe verskeie bedienings, ondernemings en weë van selfverbetering na. Dis waar, hulle doen dalk baie goeie dinge, maar hulle raak nie regtig aan die wen waarvan Paulus praat nie – om mense oor die eindstreep te kry.

Laat ons kies om soos Paulus te wees. Oral rondom ons is gebroke mense, sonder Jesus, gebind deur sonde en op die pad na die ewigheid sonder God. Ons moet vir hulle die goeie nuus van Jesus Christus vertel – dat Hy aan die kruis gesterf het vir hulle, sodat hulle rein en heilig kan wees. Nog ‘n wen! Nog ‘n prys!