DIE PRYS VAN GEESTELIKE GESAG

David Wilkerson (1931-2011)

Om die soort dienskneg te word wat lewe met God se gesag vereis dat ons van aangesig tot aangesig kom met ons gewetens voor die oë van ons Vader. Wanneer ons voor die Here staan, word ons op ons knieë gedryf voor sy heilige teenwoordigheid.

Die apostel Paulus beskryf die soort dienskeg aan wie so ‘n gesag gegee word: “Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie” (2 Korinthiërs 4:2).

So ‘n dienskneg sonder homself af met Jesus en het sy hart oopgemaak vir die bearbeiding van die Heilige Gees. Volgens Paulus, is hierdie dienskneg se konsekwente gebed: “Here, wys my my sondige motiewe, my onheilige ambisies, enige en alle oneerlikheid of manipulasie, asook enige verborge, bedrieglike gesindheid in my hart.”

Ek glo alle gelowiges wil met geestelike gesag lewe maar dit is belangrik om te besef dat daar ‘n prys is om te betaal vir so ‘n gesag. Een goeie vraag om jouself te vra, is: “Is ek gewillig om die agterste stoel in die huis in te neem? Is ek tevrede om weg te bly van die hoof van die tafel? Dit is net ‘n eenvoudige toets, maar dit kan ‘n paar belangrike sake in jou gees openbaar.

In Lukas 14, sien ons dat Jesus uitgenooi was deur ‘n owerste van die Fariseërs om “brood te eet” in sy huis saam met ander Fariseërs. Vers 7 sê dat Jesus gesien het hulle kies die beste plekke weens hulle trots en behoefte om gesien en erken te word. Die Here het gaan sit om te eet en toe het Hy aan Israel se top godsdienstige leiers die volgende boodskap van teregwysing gegee: “Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is” (Lukas 14:10).

Ons moet streef daarna om “hoër op te gaan” na ‘n plek van regverdige eer, ‘n plek van ware geestelike gesag. God het elkeen van ons nodig in hierdie laaste dae en Hy wil ons nader trek na Hom. Op ‘n baie diepgaande manier, glo ek die taak van nader tot Jesus is vir almal van ons. Deur dit te doen, sal God getrou sy geestelike salwing uitstort.