DIE PLANNE VAN DIE HERE

Gary Wilkerson

Dikwels wanneer God vir Christene sê dat Hy groot planne vir hulle het, reageer hulle, “O, ek weet nie, Here.” Maar wanneer Satan na hulle kom en sê. “Ek gaan jou vernietig,” dan dink hulle, “Ja, dit kan waar wees.”

WIE GLO JY?

Ons glo die leuens van die vyand amper meer as wat ons die waarhede van God glo. Maar ons moet by die plek kom waar ons kan sê, “Nee, God het ‘n roeping op my lewe en ‘n hoër plan. Ek gaan sterk, standvastig en onwrikbaar staan – deur die genade van God. Deur Sy krag wat magtiglik in my werk, net soos Paulus sê” (sien Kolossense 1:29).

Jy staan nie deur mag of krag nie, maar deur Sy Gees – omdat Sy Gees in jou lewe! Jy kán ‘n Christen wees wat vrymoedigheid en vertroue besit, een wat die waarheid oor jouself en ander glo, maar meestal oor God en dit wat Hy vir jou beplan het.

DIE RAND VAN ‘N KRANS

Vandag mag jy moontlik voel of jy tot op die rand van ‘n krans gestoot word en op die punt is om daaroor gegooi te word. Jou senuwees is gedaan en jy voel of jy besig is om jou laagste punt te bereik. En dan is daar ander dinge: jou huwelik, jou emosionele lewe, druk by die werk, ‘n verslawing. Jy voel lus om te roep, “God, is daar ‘n uitweg hieruit?”

Jou groter vraag is, “Hoe kom ek by die punt van geloof en vertroue waar ek móét wees?”

DIE ANTWOORD

Die Woord van God het die antwoord en hier is vir jou ‘n Skrifgedeelte om aan vas te hou.

“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gees” (Jeremia 29:11).